kategorieë: Blogs

Wat liefde is

Só skryf ek aan die einde van ‘n lang werkweek weg van die huis op Facebook, die plek waar ek leef as ek weg van my mense moet woeker. My Namibiese universiteitsvriendin se kommentaar? “Troos jou daaraan – die vrou met drie mans, twee honde, een kind en net een naweek om almal gelukkig te hou het ‘n moeiliker taak.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Inderdaad, dink ek. Altyd ‘n ou ietsie om voor dankbaar te wees.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Dalk is dit die boere van kykNet se jongste Boer soek ‘n Vrou, dalk die Kardashians se manewales. Die liefde bly dans in my kop. Waar kom al die voorskrifte vandaan? Wonder ek. My vrou moet dit, my man moet dat, nie so nie, maar sus, nie sus nie maar so. Die lysies oneindig lank, tot in die fynste detail uitgespel. Kieskeurig, soos om ‘n spesiale rok of Kersgeskenk vir ‘n geliefde te soek, dink ek.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Waar pas die liefde dan in? En ek dink met ‘n smile aan daardie eerste keer toe ek en my geliefde mekaar goed in die truspieëltjie van ‘n Landrover bekyk het. My maag en my kop het gelyk gedraai (syne ook, al wonder ek of hy dit sommer-so sal erken); lysies en voorskrifte het geen kans gestaan nie.

Jare later (ja, tóé eers had hy die moed) het my man gewaag om te spot: “Ek moes jou van die rak kom red.” Ja, reg, dink ek dan en onthou dat ons sedert dáái Landrover-kyk nog onafskeidbaar was.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Lysies om die liefde te rig was daar nooit. Ander lysies word hom nie gespaar nie – kosgoed, skoolgoed, werkgoed, huisgoed. Maar liefdesgoed? Nooit. Dié dat ek my verwonder aan ander se voorwaardes en voorskrifte.

Dié week land ‘n geliefde oom in die hospitaal. Ouderdom het lank reeds sy gedagtes kom steel, ‘n heup is sy volgende hekkie. ‘n Tannie wat haar man moes laat gaan sodat ander hom kan versorg, het haar seehuis verlaat en stad toe getrek om naby haar geliefde te wees. Hierdie week is sy in die hospitaal langs sy bed, al slaap hulle lank reeds meer nie onder dieselfde dak nie.

Dís wat liefde is, dink ek.

Vir my ken liefde nie lysies nie. Dis daardie kyk, daardie weet en daardie ding dat ons gemaak is om mekaar op te pas. Dís wat liefde is.

Tot volgende week as ek terug is by die huis,

Marí

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

19 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.