kategorieë: FiksheidGesondheid

Wat pak jy vir ’n multifase bergfietsmaraton?

Wat pak jy vir ’n multifase bergfietsmaraton? deur Anet Schoeman

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Jou eie klein tentjie kan na ’n heerlike avontuur klink. Veral as jy netjies en georganiseerd is. Op my vorige Wines2Whale-wedren het my onbekende buurman uit die Paarl my elke oggende verbaas met sy pynlik netjiese tentjie. “My vrou is baie kwaai”, grap hy as ek verstom kyk hoe sy goedjies soos soldate in gelid staan.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Ai, vir my voel dit of ek gedurig na alles in ’n tentjie soek. En hoe meer ek organiseer, hoe deurmekaarder raak dit.

Moenie eers praat van ’n sportsak nie. By die huis pak jy hom netjies sodat jy presies weet waar elke sokkie en energiepoeiertjie is. Maak jy hom in die tent oop, is dit asof ’n bose spreuk binne vyf minute die soort van verwoesting saai wat mens na ’n orkaan verwag. Skielik is dit onmoontlik om enigiets te vind en soos jy krap en skarrel verloor jy selfs die items wat jy aanvanklik uitgehaal het en netjies opsy gesit het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Lees ook: Oefen so vir steil opdraandes

En die meeste wedrenne begin soggens vroeg waar jy in die donker moet aantrek en oppak om na die volgende tentdorp te vertrek.

Hier is die Wines2Whales-wedren ’n wenner. Ja, dis steeds ’n tentjie en die sportsak raak nog net so deurmekaar, maar die tente staan onder spreiligte en so kan jy selfs in die donker sien wat in jou plekkie aangaan. En die groot bonus is dat jy elke aand op dieselfde plek eindig: Oak Valley-wynlandgoed

Hier word jy boonop bederf met heerlike maaltye deur Food Lovers Market, “chill zones” met “beanbags” en ’n barista vir heerlike koffie. Orals staan waterhouers met yskoue water om jou te hidreer na die lang dag op die fiets.

Die geheim is om voorbereid te wees, maar nie te veel te pak nie. Maak altyd seker dat jy vir die onvoorspelbaarheid van die weer voorsiening maak met iets vir die koue en ’n reënbaadjie. Pak ook een paar toe skoene soos tekkies in.

Lees ook: Fietsry: ’n Wedren motiveer jou

Volg hierdie skakel vir ’n volledige lys van wat jy vir ’n multifase bergfietsmarathon in die Kaapse omgewing in Oktober (wat oor drie dae strek) soos Wines2Whales nodig het.

Ons het by Cycle Lab gaan kers opsteek om te sien watter handige dinge jy kan aanskaf om gereed te wees.

  1. Windbaadjie (hierdie een is nie waterdig nie) wat klein opvou vir die onvoorspelbare Kaapse weer. R1 299.99
  2. Flitslig wat jy op jou handvatsels kan monteer met ekstra herlaaibare batterye vir wedrenne soos die Trans-Baviaans wat in die donker plaasvind. R1 099.99
  3. Waterdigte agterliggie wat kan pols. R249.99
  4. ’n Klokkie om stadige ryers te waarsku dat jy wil verbygaan. R199,99
  5. Multitool met 21 funksies en “tyre levers.” R469,99
  6. Twee verskillende opsies om lekplekke in jou binnebandlose (tubeless) wiele reg te maak. Links -R89,99, regs-R699,99
  7. Rugsak met ingeboude watersak en mondstuk (hydration pack) vir water en ander benodigdhede. Maar pak die minimum, want die ligte sakkie waarmee jy wegspring voel ‘n paar ure later so swaar soos lood. 1,5 liter rugsak teen R899,99. 2,4 liter teen R1 149,99
  8. Ekstra waterdigte sakkie wat jy op jou fiets monteer as jy nie ‘n rugsakkie wil gebruik nie. R499,99. Die windbaadjie in eerste foto vou klein genoeg op om in sakkie te bêre.
  9. Groter saalsakkie. Jy kan hierdie een verstel om groter te word. R399,99
  10. Ekstra binneband, gassilinders (bombs) om jou wiele te pomp en ’n verbindingstuk om gassilinders aan fietsklep te heg.
  11. “hanger”  R169,99 en “chain link” R30
  12. Handige waterdigte sakkie vir jou selfoon as jy die brugkruising oor die rivier verbrou… R129,99
Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

12 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.