kategorieë: Blogs

Waterval

‘n Paar dae terug het ek onder ‘n waterval staan en snak na my asem – oorweldig deur die druising van ‘n druppelgordyn wat my van balans wou ruk, met my voete onseker op ‘n seepgladde rots. Dit was verruklik. En angswekkend.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Toe ek “staan onder ‘n waterval” op my bucket list geskryf het, het ek eintlik ‘n intense soort stortbelewenis in gedagte gehad. Sag, warm en veilig. Nie ‘n ervaring van die natuur se kouerwaterkrag wat meters na benede stort, of die stryd om regop te bly op ‘n gladgespoelde klip nie. Die glibberige rotse hét ‘n skouspelagtige val of twee in ons stapgroep opgelewer.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

“Pasop waarvoor jy vra – jy mag dit dalk net kry,” het ek een keer op die reklamebord van ‘n finansiële instelling gelees. Inderdaad. Begeertes met ‘n tintelende opwindingsfaktor het gewoonlik die potensiaal om onrusbarende dinge met die grense van jou gemaksone te doen. Dit geld ervarings in die natuur, in jou loopbaan én op verhoudingsgebied. Jy kan die onverwagse verwag!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

In die ewigheidsoomblikke onder die meedoënlose druppelreën het ek gevaarlik naby aan bloedknie val gekom. Gelukkig was ek nie besig om die ek-kan-tog-op-my-eie-bene-staanding te doen nie. Daar was sterk mansarms om my.

Lyk my ek mag dit maar met ‘n paar avontuurlike wense op my bucket list waag. Ek moet hulle net met fyn vroulike vooruitskouing verwoord: die hoe, wat, en waar, maar veral die met wie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

14 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.