Wedgewood hangemaakte-nougat is in 1999 deur Gilly Walters, vanuit haar kombuis, begin. Gilly was nog altyd welbekend vir haar kulinêre kreatiwiteit en het destyds begin om klein hoeveelhede van haar heuning-nougat te maak en by plaaslike boeremarkte te verkoop. Oor die jare het haar besigheid gegroei, wat daartoe gelei het dat sy die produksie van haar smullekker soetgoed na haar dubbel-motorhuis moes skuif. Teen 2006 het die onderneming só uitgebrei dat Gilly ’n topklas fabriek in KwaZulu-Natal aangeskaf het en produksie daarheen verhuis het.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Vandag is Wedgewood Nougat ’n huishoudelike naam regoor Suid-Afrika. Dit het selfs ’n familie-besigheid geword! Haar drie seuns en een skoondogter is vandag by die onderneming betrokke en sorg sodoende dat Gilly se passie vir volhoubaarheid en kwaliteit in elke produk voortleef.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Sedert 1999 word alle Wedgewood-nougat steeds met die hand gemaak en word net die beste bestanddele gebruik. Alle produkte is vry van preserveermiddels, asook kunsmatige kleursel en-geure. Vars plaaseiers, topklas neute en plaaslike heuning is die kernbestanddele wat dié soethappies so lekker maak.
Tog is Wedgewood nie net bekend vir hul nougat nie. Die heerlike Angels-koekies is ook deel van dié reeks. Elke koekie bevat versteekte stukke nougat en heuning, vir ’n onvergeetlike teetyd-ervaring.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }*Beskikbaar by uitgesoekte winkeltakke en onafhanklike handelaars. Besoek die webblad hier
“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Hierdie webwerf gebruik koekies.