Glimlag Fees is ’n musiekfees soos min – ’n dag wat jou laat vergeet van die alledaagse en jou herinner hoe lekker dit is om net te lééf.

Op Saterdag, 4 Oktober 2025 kuier ons weer by die Benoni Northerns Sports Club, saam met van Suid-Afrika se grootste kunstenaars, soos Prime Circle, Nicholis Louw, Bok van Blerk, Irene-Louise van Wyk, Ray Dylan, Lianie May en nog vele meer. Behalwe vir die ongelooflike musiek en gesellige atmosfeer, wag daar hope stalletjies, ’n biertent, heerlike kos, ’n kinderpretpark en nog baie meer, met jou parkering absoluut gratis ingesluit! Hierdie is die kans om jou Somer op die mooiste manier af te skop – met glimlagte!
MAAR WAG, NET DEUR ‘N KAARTJIEHOUER TE WEES KAN JY WEN!
Gelukkige algemene kaartjiehouers staan die kans om een van die’ fantastiese pryse te wen:
- ’n Smile Makeover ter waarde van R25 000 van Untouched & Wahl Dental Ceramics;
- ’n MSC Cruise + retoervlug ter waarde van R30 000 van Super Events SA; asook
- ’n unieke, pasgemaakte, ring ter waarde van R100 000 van Carlo Hayes Designs!
‘n Gelukkige VIP-kaartjiehouer staan OOK die kans om ‘n SMILE MAKE-OVER van Untouched ter waarde van R70 000 te wen, wat by die fees aangekondig sal word.
Jy staan nou die kans om een van 10 dubbelkaartjies (algemene toegang) te wen!
Moet dit nie misloop nie – dalk kuier jy en ’n vriendin saam by dié dag vol musiek en vreugde!

Moet dit nie misloop nie – dalk kuier jy en ’n vriendin saam by dié dag vol musiek en vreugde! Bepalings en voorwaardes: Alle pryse in rooi rose is onderhewig aan beskikbaarheid en is nie oordraagbaar, herverkoopbaar of terugbetaalbaar vir kontant nie. Vir nog bepalings en voorwaardes, besoek www.rooirose.co.za
Om in te skryf, voltooi die onderstaande vorm:
Sluitingsdatum: 20 September 2025
Lees ook: Diepe Waters se Stephanie Baartman bring nuwe lewe aan Gé Korsten se ‘Algoabaai’
