WEN met Truman & Orange! – Inligting en foto’s verskaf
Verbeel jouself jy geniet nóú ’n sorgvrye seevakansie op ’n pragtige, tropiese eiland … Die son skyn helder en die reuk van sonskerm en sout hang in die lug. Die see lê blou voor jou en golwe breek in die verte. Vriende lag en gesels en jy teug stadig aan ’n lekker yskoue skemerkelkie …
Na vyf lang weke het die kajuitkoors behoorlik ingeskop, en hoewel ons nog nie mag reis nie, kan jy steeds na ’n lieflike eiland ontvlug met dié heerlike, eiland-geïnspireerde kwarentyn-martini (“kwarentini”) idees.
Ontvlug na ‘n tropiese eiland met Truman & Orange se heerlike kwarentini-idees:
Let wel: Sommige van die Truman & Orange-resepte bevat eenvoudige strope vir die beste geure, maar moenie stres as jy nie dié strope het nie, want hulle wys ons hoe om dit te maak.
Balmy Bloedlemoen Gin cocktail
Bestanddele:
50ml Bloedlemoen Amber Gin
12,5ml Vanielje stroop*
100ml Bosbessiesap (Cranberry Juice)
2,5ml Suurlemoensap
* Vanielje stroop:
Meng een koppie suiker met een koppie water en bring tot kookpunt in ’n matige kastrol op medium hitte. Kook vinnig totdat die mengsel effens verdik (ongeveer 8 minute). Verwyder van die hitte en voeg een eetlepel vanieljegeursel by. Laat afkoel.
Metode:
- Voeg al die bestanddele saam, skud goed en gooi oor ys in ’n wynglas.
- Garneer met twee suurlemoenskyfies.
Sunklissed Seedlip Spice
Bestanddele:
50 ml Seedlip Spice 94
25ml Pynappelsap
5ml Suurlemoensap
’n Skyfie gemmer
Sodawater
Metode:
- Meng die Seedlip Spice met die pynappel- en suurlemoensap.
- Gooi oor ys in ’n wynglas en voeg die sodawater by.
- Garneer met ’n skyfie pomelo en vars gemmer.
Bannerman Beach Cocktail
Bestanddele:
50ml Bannerman’s Finest Scotch Whisky
12,5 ml Nartjie en roosmarynstroop*
3 knertse Bitters
* Nartjie en roosmarynstroop:
Meng een koppie suiker met een koppie water. Gooi twee takkies roosmaryn en die skil van twee klein nartjies in. Bring tot kookpunt op medium hitte en kook tot die mengsel effens verdik, (ongeveer 8 minute). Verwyder van hitte en laat afkoel.
Metode:
- Voeg al die bestanddele in ’n glas – wees versigtig om nie die skil en roosmaryn ook in die glas te laat val nie.
- Voeg ys by en roer vir ’n goeie een en ’n half minute om die verdunning en verkoeling te verseker.
- Gooi die vloeistof in ’n glas en laat die ys agter.
- Garneer met ’n nartjie-skil en takkie roosmaryn.
Berry Graceful
Bestanddele:
10 ml Kamille stroop* (Camomile syrup)
Grace Rose
Twee vars frambose (raspberries)
* Kamille stroop:
Voeg een koppie water by een koppie suiker en een kamille-teesakkie vir elke 250 ml stroop.
Kook op die stoof totdat al die suikerkorrels gesmelt het en los die teesakkie(s) nog 5 minute binne op die laagste hitte. Laat die stroop afkoel voor gebruik.
Metode:
- Voeg die Kamille-stroop by die Grace Rose
- Garneer met twee vars frambrose
Sugarlandia Summer Rum Tarsier
Bestanddele:
50ml Don Papa Sherry Cask
15ml Hibiscus-stroop*
15ml Lemmetjiesap
Top Barker & Quinn Marula Tonic en Soda
’n Basiliekruidblaar
*Hibiscus-stroop:
Voeg een koppie water by een koppie suiker en een Hibiscus-teesakkie vir elke 250 ml stroop.
Let wel: Jy kan die hibiscustee met rooibostee vervang. Kook op die stoof totdat al die suikerkorrels gesmelt het en los die teesakkie(s) nog 5 minute binne op die laagste hitte. Laat die stroop afkoel voor gebruik.
Metode:
- Meng die Don Papa Sherry Cask, hibiscus-stroop en lemmetjiesap goed saam.
- Voeg by die Top Barker & Quinn Marula Tonic en Soda.
- Garneer met ’n basiliekruidblaar
Geïnspireer? Sit dan jou foon neer, gooi die deure van jou drankkabinet oop, plaas ’n skemerkelkie-sambreeltjie agter jou oor, speel jou gunsteling musiek en maak dié heerlike (en maklike) kwarentini’s van Truman & Orange. Ontvlug só na jou eie tropiese eilandvakansie!
WEN met Truman & Orange!
Twee gelukkige rooi rose-lesers staan die kans om elkeen ’n lieflike Truman & Orange-geskenkpak ter waarde van R1 535 te wen!
Dié eksklusiewe Truman & Orange-geskenkpak bestaan uit:
1 x Bloedlemoen Gin (Amber)
1 x Seedlip Spice
1 x Bannermans
3 x Grace (’n bottel van elke variant)
1 x DP Sherry Cask
Bepalings en voorwaardes geld.
Sluitingsdatum: 31 Mei 2020
[gravityform id=”540″ title=”true” description=”true”]