Welkom by Ramenhead – waar noedels en umami ’n fees vir die sintuie verseker. Ramenhead, wat in 2022 gestig is, is die straatkosuitdrukking van sjefs Peter Tempelhoff, Ashley Moss en Julia du Toit se obsessie met Japannese geure – en Jennifer Hugé se liefde vir ’n kreatiewe en innoverende benadering tot drankies.
Hulle het Afrika se enigste Yamato-noedelmasjien ingevoer, en só word die noedels vir twee tot vyf dae gefermenteer voordat dit gekook word, en die sous prut oornag. Elke element volg die langsame benadering tot kosmaak. Ramenhead se vlagskiprestaurant het vinnig ’n Kaapstadse instelling geword en het reeds ’n tweede afsetpunt by die V&A Waterfront se Time Out-mark geïnspireer.
Een leser en sy of haar metgesel kan ‘n aandete by Ramenhead se vlagskiprestaurant in Parlamentstraat wen!
Bepalings en voorwaardes: Voorwaardes en bepalings geld en sal met die wenner gekommunikeer word. Alle pryse in rooi rose is onderhewig aan beskikbaarheid en is nie oordraagbaar, herverkoopbaar of terugbetaalbaar vir kontant nie. Vir nog bepalings en voorwaardes, besoek www.rooirose.co.za
Om in te skryf, vul die onderstaande vorm in.