Sedert die rooibosbedryf in 1993 gedereguleer is, is Carmién Tea as ’n vervaardiger en verskaffer van topgehalte kleinhandel-rooibos-teeprodukte in Suid-Afrika gevestig. Die maatskappy is ook ’n suksesvolle uitvoerder van tee op grootmaat en etiket-verpakker na baie lande wêreldwyd.

Carmién Tea verseker die beste organiese en konvensionele rooibos van voorste groeigebiede, soos Piekenierskloof, Nieuwoudville, Wupperthal en Gifberg. Die Carmién-rooibosreeks is beskikbaar in organiese (bio) en/of gewone (konvensionele) produkte en word vervaardig volgens Fairtrade-beginsels. Carmién Tea bied produkte van uitstaande gehalte teen mededingende pryse, direk van die plaas na hul kliënte, terwyl totale voedselnaspeurbaarheid in die voedselketting verseker word.
Die Carmién-teewinkel, De Tol, is beslis ’n besoek werd op die N7 op pad na Citrusdal in die Sederberg-omgewing. Proe hul volledige reeks Carmién-rooibostee (wat wissel van suiwer rooibostee, welstandstees met kruie, koue rooibostee wat met vrugte ingetrek is, tot spesiale tees vir vrouegesondheid en vir die kleinspan). Jy kan daar teug aan ’n rooi cappuccino, of ’n tee-en-jenewer-proe geniet. Kinders kan op die speelgrond baljaar terwyl jy ontspan, plaaslike produkte by die Deli koop, of ‘n wynproe by Piekenierskloof Wines langsaan geniet. Die teewinkel is ’n topkeuse vir dinge om te doen in die Sederberg-omgewing, en ’n heerlike stop vir middagete naby Citrusdal.
Een gelukkige leser kan ’n geskenkbewys ter waarde van R1 500 wen!
Met dié geskenkbewys kan die wenner hom- of haarself bederf en ’n verskeidenheid van produkte ter waarde van R1 500 vanaf Carmién Tea se webwerf koop.
Bepalings en voorwaardes: Alle pryse in rooi rose is onderhewig aan beskikbaarheid en is nie oordraagbaar, herverkoopbaar of terugbetaalbaar vir kontant nie. Vir nog bepalings en voorwaardes, besoek www.rooirose.co.za
Om in te skryf, volg Carmién Tea op Instagram en Facebook, en voltooi die volgende vorm:
*Slegs een inskrywing per persoon
Sluitingsdatum: 27 Maart 2026
Lees ook: 10 redes waarom jy rooi rose se Februarie-uitgawe móét lees!





