Monise Beauty glo dat ware skoonheid met selfvertroue begin, en as ’n trots Suid-Afrikaanse handelsmerk, vervaardig hulle al hul produkte plaaslik met veilige, natuurlike bestanddele wat resultate lewer. Hul missie is om produkte van uitstaande gehalte te vervaardig en te verskaf wat vroue se natuurlike skoonheid sal verbeter, hulle op ‘n verkenning van vroulikheid sal neem en hul selfvertroue ‘n hupstoot sal gee.
Die bekroonde LASHOUT-wimpergroeiserum (Woman & Home skoonheidstoekennings 2025) is jou geheime wapen vir langer, voller en gesonder wimpers. Jy kan binne vier tot ses weke merkbare resultate sien en dit bevat geen hormone, toksiene, parabene, prostaglandiene of olies. Boonop is dit veilig vir sensitiewe oë en wimperverlengings, en kan dit help om jou wimpers ná chemoterapie te herstel.
Die BROWOUT-wenkbrougroeiserum herstel en verdik dun of oorgeplukte wenkbroue, en bring weer lewe na jou natuurlike voorkoms. Dit voed die haarfollikels, versterk groei en gee jou daardie perfekte raam vir jou gesig en oë.
Monise Beauty help jou om jou natuurlike skoonheid te versterk, jou selfvertroue te herwin en elke dag jou beste self te wees. Want wanneer jy goed voel — straal jy dit uit.
Besoek gerus www.monise.co.za vir meer inligting en gebruik die kode ROOIROSE20 vir 20% afslag op jou bestelling. Geldig tot en met 31 Desember 2026. Bepalings & voorwaardes geld.
Een leser kan ’n Monise Beauty-skoonheidsbederf ter waarde van R2 100 wen!
Dit sluit die volgende in:
- Lashout-wimpergroeiserum (5 ml)
- Browout-wenkbrougroeiserum (5 ml)
- Monise-grimeringlappie (standaard en mini)
- Wimper- en wenkbrouborseltjie
- Satynmasker
Bepalings en voorwaardes: Alle pryse in rooi rose is onderhewig aan beskikbaarheid en is nie oordraagbaar, herverkoopbaar of terugbetaalbaar vir kontant nie. Vir nog bepalings en voorwaardes, besoek www.rooirose.co.za
Om in te skryf, volg Monise Beauty op Instagram sowel as Facebook en voltooi die onderstaande vorm:
*Slegs een inskrywing per persoon
Sluitingsdatum: 23 Januarie 2026
Lees ook: Afrikaanse weergawe van The Office skop in Januarie af!


