kategorieë: WenkeMode

Wenke om meer stylvol te wees

Simon sê styl is dit wat jy doen sonder om ‘n woord te sê.  Skoon hare is byvoorbeeld ‘n groter plus as die R3 000 wat ‘n haarkapper jou kan kos.  Gestrykte klere is soveel meer “in” as die duurste uitrusting wat jy op die internet gesien en van oorsee af “ge-amazon” het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Mode kan gekoop word, maar nie styl nie, sê hy.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Simon gee ‘n paar stylwenke:

  • Donkerkleure kan verslankend wees en ligter kleure kan jou groter laat lyk as wat jy is. ‘n Kombinasie van die twee is altyd suksesvol as jou figuur disproporsioneel geraak het. 
  • ‘n Mooi oorbel of ‘n ander kleurlipstiffie kan onmiddellik jou voorkoms verander.
  • Hou sommer ’n ekstra paar skoene in jou kar as jy iewers “belangrik” moet inhardloop.
  • Selfs ‘n glimlag verander jou voorkoms van buite – en die bonus is dit gebeur sommer aan jou binnekant ook!
  • Geld koop nie styl nie.  As jy vermoed ‘n nuwe kleur is in die mode, eksperimenteer eers met ‘n serp of armband voordat jy die spaarvarkie se magie leegmaak. 
  • Slegs een fokuspunt op jou uitrusting is nodig.
  • Sorg dat jy alles wat jy in jou kas het, kan sien en dat dit altyd netjies, skoon, versorg is. Só koop jy nie onnodig nuwe foefies aan nie, en is jy altyd gereed om ‘n beste voet voor te sit. 
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Deel
Gepubliseer deur
rooi rose span

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

8 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.