Foto: Didi vir Pexels
Wenke vir gladde skoene. Deur Bianca Muller.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Probeer hierdie wenke:
Sommige skoene is geneig om gladde sole te hê, veral as dit nuut is – slegte nuus vir diegene wat val ten alle koste wil vermy. Trek die grofste skuurpapier wat jy tot jou beskikking het nader (of as jy baie tyd het, kan ’n naelvyl ook werk). Vryf die gladde dele van jou skoen se sool daarmee totdat dit ’n growwer tekstuur het. Glyvrye skoene in ’n japtrap!
Spuit ’n ruim hoeveelheid haarsproei op jou skoensole en laat dit vir ’n paar minute droog word. Die taaierigheid van die sproei verminder die gladheid. Dis is egter net ’n tydelike oplossing en sodra die haarsproei afgestap is, sal jou skoene weer hul gladde self wees. As jy ekstra voorbereid wil wees stel ons voor jy hou ’n blikkie haarsproei ten alle tye byderhand. Bêre dit in jou handsak of hou dit in jou kar vir daardie spontane koffiekuiertjies of winkelbesoeke.
Foto: Didi vir Pexels
Nog ’n maklike dog kortstondige oplossing vir gladde skoensole is om maskeerband daarop te plak. Maak seker jy plak dit in ’n kruisvorm regoor jou sole. Materiaalpleisters werk ook goed – plak ’n paar op die gedeelte van die sool wat die grond sal raak.
Die langtermynoplossing vir daardie gladde paar skoene is om dit so gereeld as moontlik te dra. En as jy daarmee kan loop op ’n oppervlak wat sanderig of klipperig is, nog beter! Ná ’n ruk behoort die gladde sole groefies en skaafplekke te vorm. Dit word natuurlik aanbeveel dat jy dit vir tyd en wyl slegs by die huis dra totdat die gladheid verminder.
Bronne:
https://www.toufie.com/blogs/blog/slippery-shoes-try-the-top-4-diy-tips-to-help-you-out
“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Hierdie webwerf gebruik koekies.