Wenke vir ’n klein spasie deur Elandrè Swart. Hooffoto : pexels.com
Ligter materiaal
Vermy swaar materiaal en gebruik ’n materiaal soos linne vir gordyne om dadelik ’n “oop” gevoel te skep.
Lees ook: Begin jou eie AirBnB
Kleur
Fokus op een kleur en gebruik verskillende skakerings. Dit is sagter op die oog en jy sal die hele ruimte kan inneem sonder om van item tot item te spring. Sagter skakerings laat enige vertrek groter en kalmer voel. Dink aan liggrys, millenniumpienk en laventel vir jou kleurkeuses. Verf jou vloerlyste en deurrame wit of ’n skakering ligter as die muurkleur om die effek te skep van die mure wat verder van mekaar af is.
Lees ook: Skep ’n fokusmuur
Wees slim met jou rakke
Moenie jou rakke vul met alles wat ’n berêplek nodig het nie. Wees slim en dink mooi oor wat jy wil uitstal.
Pak weg
Alles moet sy plek hê. Pak weg wat nie meer gebruik word nie en gebruik mandjies om elkedagse items binne bereik te hou.
Spieëls
Spieëls laat enige vertrek groter vertoon, maar om groot spieëls te koop kan duur raak. Vir ’n meer bekostigbare opsie kan ’n klomp kleiner geraamde spieëls gekoop word en dieselfde kleur geverf word.
Beligting
Ons oë is geneig om die lig te volg. ’n Hanglig sal meebring dat jy die hoogte van die vertrek sien. ’n Staanlamp in die hoek van die vertrek sal die vertrek groter laat lyk.
Was jou vensters
Vuil vensters keer nie net natuurlike lig nie, dit trek ook dadelik jou aandag weg van die fokuspunt van ’n vertrek.
Langer gordyne
Net omdat jou venster klein is, beteken nie jou gordyne moet ook wees nie. Hang jou gordyne so na moontlik aan die dak en kry ekstra lang gordyne. Dit sal jou dak hoër laat lyk.
Verwyder jou deure
’n Oopplanvertrek laat die ruimte groter lyk. As jy nie ʼn muur kan afbreek nie, kan jy die deure tot jou leefvertrek afhaal om ’n oopplan-gevoel te skep.
Produkte
- Sixth floor wit gordyne (R349) Superbalist
- Heksagoonspieël (R1 400) Esque
- Vloermandjie (R1 050) Knus
- Drie spieëls (R159,99) Mr Price Home
- Rak (R10 199) @home
- Mingle-vloerlamp (R2 299)Superbalist
Verskaffers
Superbalist |superbalist.com
Esque |esque.co.za
Knus |knus.co
Mr price Home |mrphome.com
@Home |home.co.za
Foto’s | pexels.com / pixabay.com