kategorieë: Dra dit soMode

1 Item 3 maniere: Die Espadril-skoen

1 Item 3 maniere: Die Espadril-skoen deur Bea Lingenfelder en Susra Matthee. Hooffoto: Pexels

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

1. Naweekrok

’n Vloeiende maksirok vlei jou figuur en is ’n goeie alternatief as jy nie gemaklik voel in ’n kort somersrokkie nie. Die A-lynsnit in ’n ligte materiaal is koel en kan net so maklik van dag na aand gedra word. Die espadril-skoen is die perfekte pasmaat vir hierdie styl. Dit is gemaklik en nie te oordoen nie. Met hierdie kombinasie skep jy eindelose stileringsopsies om in ’n klein naweektassie te pas.

Lees ook: 8 dinge wat hierdie somer in jou strandsak moet wees

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Espadril-skoen (R999) Forever New; Halterrok (R899) Poetry; Sonhoed (R399) Billabong; Sonbril (R399) Zara

2. Vakansiekortbroek

Die tekkiestyle het die modewêreld met mening oorgeneem, maar tog verlang ons soms na daardie tikkie meer deftigheid wat by ’n gemaklike uitrusting kortkom. In hierdie geval kan jy jou paar tekkies vinnig verruil vir ’n gesofistikeerde espadril-skoen. Die effense hak vertoon meer sjiek en skep boonop die illusie van slanker bene. Hou die res van jou uitrusting elegant en minimalisties met fyn juwele en bykomstighede.

Lees ook: 5 redes hoekom jy vanjaar in katoen moet belê

Espadril-skoen (R999) Forever New; Bloes (R399) Woolworths; Kortbroek (R499) Old Khaki; Leersakkie (R1590) Zemp

3. Die strand-styl

Daar is iets omtrent die wighakskoen met raffiasole wat jou onmiddellik aan die strand laat dink. Hoewel jy nie hierdie skoene op die sand sal dra nie, is dit ’n wenkeuse vir ’n afspraak by nabygeleë koffiewinkels en stalletjies. Dis met hierdie styl waar die espadril-skoen sy veelsydige status ordentlik bewys, omdat hierdie skoene ewe gemaklik by jou swembroek en sarong inpas, as wat jou plakkies sou.

Espadril-skoen (R999) Forever New; Swembroek (R315) Woolworths; Kaftan (R250) Woolworths; Strandsak (R459) Zara

Kry dit hier:

Billabong

Forever New

Old Khaki

Poetry

Woolworths

Zara

Zemp

Deel
Gepubliseer deur
Bea Lingenfelder

Onlangse plasings

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

1 day Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

1 day Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

1 day Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

1 day Gelede

Gure voorspellings vir ‘Suidooster’ – en die Kaapse Dokter speel met niemand nie!

  Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.