kategorieë: Doen dit selfLeefstyl

Jy kan self ’n houttafeltjie maak

Jy kan self ’n houttafeltjie maak saamgestel deur Cornel Dunn. Foto’s: living4media/greatstock

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Materiaal

  • Houtskyf
  • Skuurmasjien en skuurpapier
  • Draadborsel
  • Potlood
  • Boor
  • Versinkboor
  • Tou
  • Materiaalband
  • Matsnyer
  • Karbynhake
  • Skietlood
  • Oogbout
  • Waterpas

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Metode

  1. Skuur die hout met 80 grein-skuurpapier af en borsel die stof met ’n draadborsel af.

    Jy kan self ’n houttafeltjie maak

  2. Merk die 3 plekke op die hout waar die gaatjies moet kom – sowat 3 cm van die rand af en 120 grade uitmekaar. Boor die gaatjies. Die deursnee van die gaatjies hang van die dikte van die tou af, maar ongeveer 10 mm.
  3. Maak albei kante van die gat met ’n versinkboor skoon. Dit lyk netjieser en gee die knope beter vashouplek.
  4. Merk 3 stukke tou wat ewe lank is. Die lengte word bepaal deur die hoogte van die plafon tot waar jy die tafeltjie wil laat hang. Voeg 30 cm by vir knope in die tou. Draai materiaalband om die tou en sny met ’n matmes af.

    Jy kan self ’n houttafeltjie maak

  5. Knoop die tou aan die een kant en ryg deur die gate in die hout. Heg ’n karbynhaak aan die ander punt.
  6. Om te bepaal waar in die plafon jy moet boor: Sit die hout op ’n stoel of tafel wat so hoog is soos wat die tafelblad moet wees. Gebruik ’n skietlood om die middel van die tafel te kry. Boor die gat in die plafon. Heg ’n oogbout in die gat. Haak die drie karbynhake in die oogbout. Gebruik ’n waterpas om te verseker dat die tafel gelyk hang.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

So lyk dit aan die einde!

Jy kan self ’n houttafeltjie maak

Vir nog kreatiewe doen-dinge, loer hier

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

7 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.