Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met die vrystelling van hul jongste enkelsnit en album, Brandstigter.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die titelsnit is deur James Boland en Nick Jordaan geskryf, en bied ’n hedendaagse Bonnie en Clyde-vertelling wat die intensiteit van jong liefde en die opwinding van rebellie oproep.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

“Dit is ’n Bonnie en Clyde-storie oor passie, jong liefde en om jouself in die oomblik van verlief wees te verloor,” verduidelik James. “Dit is daardie gevoel wanneer jy iemand ontmoet wat jou hele wêreld verander, daardie een mens wat die vuur in jou aansteek, jou brandstigter.”

Die enkelsnit is aanduidend van die aard van die res van die album – lewendig, energiek, passievol – en dit vang die groep se gevoel oor die album vas.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

“Elkeen van ons leef met passie en gee alles. Ons het Brandstigter as die titelsnit en eerste enkelsnit gekies, want dit is ’n liedjie wat daardie gees vasvang: Een wat ons kliphard wil speel, en met ’n liefdesverhaal wat ons wil hê almal moet ervaar,” verduidelik James.

Hierdie splinternuwe album is deur Brendan Campbell vervaardig en spog met die groep se kenmerkende, aansteeklike melodieë en boeiende verhale van liefde en avontuur.

“Die album is ’n kombinasie van lewendige, energieke musiek wat stories vertel oor groot kuier, wilde liefde, passievol verlief wees en ’n voetfout. Dit is oor laatkuier, heelnag dans, vure, vriende en groot gaan. Dan is daar omgee, familie, jou hart se diepste geheime en liefde vir jou kinders. Dit is nege liedjies wat jou op ’n rit vat en elkeen is ’n storie – jy moet na almal luister om die volle verhaal te ervaar,” sluit James af.

Sedert hul debuut in 2018 met die treffer “Brandy Special”, het Posduif verskeie ander treffers vrygestel en is hulle deur Bok Radio as Groep van die Jaar en vir Liedjie van die Jaar benoem. Hul vorige album, Niks Vergelyk, het in 2022 die SAMA vir beste pop-album gewen.

Die groep bestaan uit James Boland (hoofsanger en kitaarspeler), Nick Jordaan (ritmekitaarspeler en sanger), Amiel Gopal (baskitaarspeler), Brendan Campbell (vervaardiger en hoofkitaarspeler) en Nick McCreadie op die dromme.

Karlien Meiring het meer oor die groep se jongste album by James gaan uitvind.

Ons het ná die eerste album drie enkelsnitte uitgebring met ’n meer lewendige popklank. Ons het van ons styl gehou, maar wou meer bied – hierdie album is nader aan alternatiewe pop. Beide die lirieke en melodieë van ons liedjies is vir ons baie belangrik en ons is baie tevrede met die klank wat ons met Brandstigter geskep het.

Om musiek te skryf en ’n album uit te bring, is om ’n stukkie van jou siel te deel. Ons hoop natuurlik altyd dat mense van ons musiek sal hou, maar niks kom by die gevoel van mense wat saam dans en sing nie. Ek raak so opgewonde as ons liedjies se lirieke iets vir iemand beteken en hulle dit hul eie maak.

Foto: Altin Ferreira

Ons sê altyd as jy wil weet wie Posduif is, moet jy na minstens twee van ons liedjies luister. Van ons musiek is ideaal vir groot, laataandkuiers, maar ons het ook diep liedjies wat oor hartsake en familie gaan. Van ons musiek is sommer net lekker mal en pas by die fliek The Hangover, en dan pas die res van ons liedjies by iets soos Ted Lasso!

Daar is drie liedjies wat baie spesiaal vir ons is. “Kaalvoet Kinders” vat my terug na my kinderdae toe ek groot drome gedroom het en die mooiste sonsaktonele op die plaas geniet het; “Geniet die dans” is baie na aan my hart, want dis vir my kinders geskryf en is my raad aan hulle vir hul lewe vorentoe en “Houer van jou geheim” praat met enigiemand wat al ooit alleen gevoel het – en verseker die luisteraar dat hulle geliefd is.

Foto: Altin Ferreira

Ek is ook in sake en verruil elke nou en dan my geskeurde jeans en oorbelle vir ’n pak en das (en van die band-lede dink ek braai by verre die beste!).

Nick McCready speel vir ons tromme, maar is ook ’n gesoute saksofoonspeler en platejoggie. Hy vlieg een keer per jaar na Richard Branson se eiland om daar vir gaste te gaan DJ.

Nick Jordaan skryf liedjies vir ’n klomp ander kunstenaars in die bedryf en is mal oor padel speel.

BRANDSTIGTER is nou beskikbaar op alle digitale stromingsplatforms.

Kry dit hier: https://linktr.ee/brandstigter

Lees ook: Vyf-vinnige-vrae met Amalia Uys oor die aksiebelaaide Plan B-reeks

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Ontdek die topervaring waar alles met Club Med ingesluit is

As jy nie die konsep ken nie, stel ons jou graag daaraan bekend: Dis ’n…

3 hours Gelede

Ons Moedersdaggeskenkgids: Kreatiewe geskenke wat wys jy gee om

rooi rose intekening Teken in of hernu jou intekening op die gedrukte weergawe vir net…

7 hours Gelede

Kristen Raath oor haar snaaksste, en vernederendste, oomblik op die stel van Wyfie

Dié toekennings, wat deur Screen International aangebied word, word op 20 Mei 2024 in Cannes, Frankryk, uitgedeel.…

1 day Gelede

Kokkedoor se inskrywings is oop! Is jy gereed om oor die kole gehaal te word?

Soos in die eerste aflewering van Kokkedoor Vuur & Vlam in 2023, moet deelnemers vanjaar…

2 days Gelede

Bronchostop stel nuwe hoesstroop, Bronchostop Nite, bekend

Ons was al almal daar: Jy rol tot twee uur die oggend nog rond van…

1 week Gelede

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 weeks Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.