Nuwe dubbelloop-lekkerte vir Nederburg

Nuwe dubbelloop-lekkerte vir Nederburg. Deur Maryke Roberts

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write('
'); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Nederburg vier vanjaar 231 jaar van wynmaak en hierdie wysheid en ervaring kan in hul bekroonde wyne geproe word. Nederburg verskyn op Drinks International se World’s Most Admired Wine Brands se 2021-lys van die top-50. Dis die vyfde keer dat hierdie ongelooflike prestasie behaal word. Die Paarlse kelder is die hoogste geplaas van slegs twee Suid-Afrikaanse wynkelders wat in die reeks ingesluit is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write('
'); }

Die pragtige historiese Nederberg-herehuis buite die Paarl.

Niël Groenewald, Nederburg se besturende direkteur, vertel: “Moet nooit die krag van eenvoudige detail onderskat nie. Dit kan selfs die uitnemendes in die uitsonderlike omskep..”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write('
'); }

Die herehuis is nou ’n deftige restaurant, The Manor.

Hy verwys natuurlik na die Double Barrel Reserve. Dit bring die landgoed se kenmerkende cabernet sauvignon saam in ’n klassieke versnit van cabernet franc, merlot, petit verdot en malbec.

Lees ook: Die 57ste Fleur du Cap-teatertoekennings by glorieryke geleentheid gevier

“Wat die versnit egter laat uitstaan, is dat elkeen van die vyf variëteite individueel gemaak en vir ’n jaar in Franse eikehout verouder is,” vertel Zinaschke Steyn, rooiwynmaker. “Die merlot-gedeelte is egter ná nege maande uit die vat gehaal, gemeng en terug in die vat vir ’n verdere drie maande van veroudering gesit, voor al die komponente versny is.

Zinaschke Steyn, rooiwynmaker by Nederburg.

“Noem hierdie dubbelloop-proses ’n klein detail, maar dit lewer ’n beduidende impak. Dit het ’n sappige en smaaklike wyn verander in een met die fynste syagtige tekstuur en ’n opwindende rykheid en diepte.

“Ek was mal daaroor om die kans te kry om te eksperimenteer terwyl ek steeds binne die grense van die klassieke werk. Dis ’n ander uitdaging as om iets heeltemal oorspronkliks te skep. Dit verg ’n spesiale dissipline, selfbeheersing en verbeelding om tradisie te eerbiedig, terwyl dit ’n ander dimensie byvoeg.”

Die langtafel voor die herehuis is met blomme versier.

Dit bring ons terug na die middagete, waar nie net die landgoed se wyne – Grenache Carignan Rosé 2021, Chardonnay 2021, Double Barrel Reserve 2020 en Noble Late Harvest 2019 – geniet is nie, maar ook verskeie vennote betrek is.

Die gaste kon die middag met snoepgoed en Nederburg Noble Late Harvest verwyl.

Die langtafel het gekreun onder die wyn, kos en blomme.

Richard Bosman se Italiaans- en Spaanse styl charcuterie was die peuselgoed voor die voorgereg.

Andrew Nel van Frankie Fenner Meat Merchants en Richard Bosman wat die charcuterie behartig het.

Mmatho Molefe van Emazulwini-restaurant in die V&A Waterfront se hoenderpoot-terrien was die voorgereg, Frankie Fenner Meat Merchants in Kaapstad het die hoofgereg se vleis verskaf, en die herehuis se restaurant, The Manor, het al die bykosse gemaak.

Gaste kon lekker smul aan Mmabatho Molefe (Taste Magazine se Sjef om dop te hou in 2020) se terrine. Dit was in die eerste episode van die reeks, getiteld, “The Modern Zulu – Chicken Feet Reimagined”. Mmabatho was ook een van die gaste.

Die hoofgereg was vleis deur Frankie Fenner Meat Merchants en bykosse deur The Manor.

Nagereg was warm poeding met Tapi Tapi-roomys.

Gaste het die namiddag met kaas, neute en die dessertwyn verwyl.

Die maaltyd is met kaas, vrugte en neute afgesluit.

Nou wonder jy seker oor die hoenderpoot-terrien? Dit was een van die disse uit die I’ll Bring The Wine-reeks wat deur Nederburg aangebied is, met Karen Dudley, die bekroonde Suid-Afrikaanse kosskrywer en restaurateur, as aanbieder. Dit is onlangs uitgesaai.

Karen Dudley en Mmabatho Molefe in episode 1 van I’ll Bring The Wine-reeks wat deur Nederburg aangebied is.

Gaste kon lekker smul aan Mmabatho Molefe (Taste Magazine se Sjef om dop te hou in 2020) se terrien. Dit was in die eerste episode van die reeks, getiteld, “The Modern Zulu – Chicken Feet Reimagined”. Mmabatho was ook een van die gaste.

Mmabatho Molefe in episode 1 van I’ll Bring The Wine-reeks.

“Om ons ryk, diverse Suid-Afrikaanse kulinêre erfenis te verken terwyl ons van ons beste sjefs in aksie sien om tradisionele geregte te herbedink, was ’n absolute voorreg,” sê Karen.

“Vir jare en jare het ons na ander mense en plekke gesoek om ons identiteit uit te druk, en voel dikwels ‘n bietjie ongemaklik oor ons inheemse geregte,” gaan sy voort. “In hierdie reeks stap ons buite kategorieë en definisies, en vier alles wat ons is en het om te bied.”

Die seremoniemeester vir die geleentheid was die bekende radiopersoonlikheid Guy McDonald.

Om al vyf episodes van die reeks te kyk, besoek www.illbringthewine.co.za.

Foto’s: Verskaf

Lees ook: Some seriously good restaurants in Paarl

Deel
Gepubliseer deur
Gaynor Siljeur

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 day Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 day Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 day Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 day Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

2 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.