kategorieë: Funksie artikels

Voordele verbonde aan die uitneem van huisversekeringsdekking

Oos, Wes, tuis bes, nie waar nie? Ons almal het ‘n plek waar ons op ons heel gemaklikste voel en in meeste gevalle is dit in ons eie huise. Jy het sekerlik al gedink aan wat alles kan skeefloop by jou huis. Brandskade, vloedskade, inbrake en nog allerlei narighede kan in ‘n oogwink plaasvind. En dit is hoekom jy wil weet watter voordele huisversekeringsdekking vir jou inhou, nê?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Wel, jy is gelukkig op die regte plek. Virseker het jare se ondervinding met huisversekering en kan vir jou ‘n paar handige wenke gee oor die onderwerp. In hierdie artikel bespreek ons wat huisversekeringsdekking is, watter tipes huisversekering mens alles kry en hoe dit jou gaan baat as jy wel jou huis op dié manier beskerm.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Sonder om verder doekies om te draai, laat ons begin.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Wat is huisversekeringsdekking?

Huisversekeringsdekking is ‘n oorkoepelende term vir ‘n groep versekeringstipes wat verliese en skade aan jou huis of inhoud van die huis dek. As jy huisversekering het en ‘n natuurramp tref jou huis, of ‘n skelm dra jou huis leeg, kan jy jou verliese terug eis by jou versekeraar. In Suid-Afrika is dit verpligtend om dekking van hierdie aard uit te neem as jy ‘n huis wil koop.

Tipes huisversekeringsdekking:

Oor die algemeen is daar drie tipes huiseienaarsdekking:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
  • Huisinhoudversekering
  • Gebouversekering
  • Inwoner aanspreeklikheid dekking

Kom ons kyk gou wat elkeen van dié behels.

Huisinhoudversekering

Nog ‘n naam hiervoor is tuisinhoudomslag – hierdie tipe dekking beskerm, soos wat die naam sê, alle los items wat in jou huis is. Dit sluit in dinge soos;

  • Meubels
  • Klere
  • Toestelle (yskaste, wasmasjiene, ens.)

Of dit nou ‘n dief of ‘n vuur is wat jou besittings afrokkel, jou huisinhoudversekering-polis behoort jou skade te dek.

Gebouversekering

Met gebouversekering dek jy die fisiese dop van jou huis, asook jou heinings en ander geboude strukture op jou erf. As ‘n aardbewing jou mure kraak, of ‘n vloed jou dak laat inval, sal hierdie tipe versekeringspolis jou skade dek.

Gebouversekering bied dekking teen skade aan:

  • Huisstruktuur (dak en mure)
  • Buitegeboue
  • Heinings
  • Swembaddens

Jy kry die boodskap.

Indien jy jou boorgat- of swembadtoerusting wil laat verseker sal jy tien-teen-een ‘n aanvullende polis by jou normale gebouversekering moet uitneem.

Inwoner aanspreeklikheid dekking

As daar iemand wat nie deel van jou gesin is nie, in jou huis woon en iets oorkom, dek die polis hulle verlies of skade. Meer nog, as jou hond besluit om jou buurvrou te byt (op jou erf, in die straat of op haar erf), sal inwoner aanspreeklikheidversekering haar mediese uitgawes dek.

As jy kamers uitverhuur of mense het wat gereeld op jou erf kom werk, is hierdie klas van versekering noodsaaklik!

Voordele van huisversekeringsdekking

Jy kan seker al sien hoe huiseienaarsdekking voordelig kan wees vir jou, nê? Kom ons wees nou maar eerlik, jou huis is heel moontlik jou mees waardevolle besitting. En dan is dit nog die plek waar jy meeste van jou ander besitting huisves ook!

So, watter voordele is daaraan verbonde om huisversekeringsdekking te kry?

1. Gemoedsrus

Jy hoef nie elke keer wanneer jy uitgaan te bekommer oor wat dalk met jou huis kan gebeur nie. Natuurlik wil mens nie hê iets moet skeefloop nie, maar as (of wanneer) daar wel probleme opduik, soos ‘n rooftog of natuurrampe, hoef jy nie die bank te breek om te vervang wat gesteel of gebreek is nie.

2. Dit beskerm jou bates

Soos reeds gemeld, jou huis is ‘n belangrike bate en so-ook die inhoud van jou huis. Met huiseienaarsdekking kan jy beide die gebou en wat dit huisves, verseker. Jy kan selfs van jou meer waardevolle besittings soos bv. ‘n horlosie of ‘n ring verseker vir wanneer jy dit aanhet.

3. Jy kan in die eerste plek ‘n huis koop

As jou aansoek vir ‘n huisleneing deur ‘n bank goedgekeur word,  is daar sekere voorwaardes daaraan gekoppel. Een van die voorwardes is dat jy huisversekeringsdekking moet uitneem vir dieselde waarde as die huis wat jy wil koop.

Verseker jou eiendom by Virseker

Nou dat jy weet wat alles deur huisversekeringsdekking gedek word en hoe belangrik dit is dat jy jou bates beskerm, is dit tyd dat jy jou polis hersien. Of, in geval jy vir die eerste keer ‘n huis koop, ‘n nuwe polis uitneem.

Bronne

https://www.virseker.co.za/produkte/produk-huishoud/
https://fciains.com/blog/top-5-benefits-of-homeowners-insurance/
https://www.ooba.co.za/resources/benefits-home-insurance/
https://www.privateproperty.co.za/advice/property/articles/what-homeowners-need-to-know-about-insurance/5375
https://www.investopedia.com/insurance/homeowners-insurance-guide/
https://www.currentschoolnews.com/af/artikels/beste-huiseienaarsversekeringskontrakte/
https://www.bezzia.com/af/los-accidentes-mas-habituales-en-el-hogar/
https://www.dialdirect.co.za/products/home-building/home-contents-insurance/property-insurance/

Deel
Gepubliseer deur
Nelson Kalula

Onlangse plasings

Ons Moedersdaggeskenkgids: Kreatiewe geskenke wat wys jy gee om

rooi rose intekening Teken in of hernu jou intekening op die gedrukte weergawe vir net…

23 mins Gelede

Kristen Raath oor haar snaaksste, en vernederendste, oomblik op die stel van Wyfie

Dié toekennings, wat deur Screen International aangebied word, word op 20 Mei 2024 in Cannes, Frankryk, uitgedeel.…

19 hours Gelede

Kokkedoor se inskrywings is oop! Is jy gereed om oor die kole gehaal te word?

Soos in die eerste aflewering van Kokkedoor Vuur & Vlam in 2023, moet deelnemers vanjaar…

2 days Gelede

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 weeks Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 weeks Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

2 weeks Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.