kategorieë: Ons menseBekendes

Kristen Raath oor haar snaaksste en vernederendste oomblik op die stel van ‘Wyfie’

Dié toekennings, wat deur Screen International aangebied word, word op 20 Mei 2024 in Cannes, Frankryk, uitgedeel. Dié universiteitsdrama ding mee teen Troll en Ragnarok, twee Netflix-produksies wat in Noorweë geskiet is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die Wyfie-stelle het inderdaad só eg gevoel dat Kristen Raath, wat die rol van Kyla vertolk, skoon vergeet het dat dit eintlik net speel-speel is.

“Die snaaksste oomblik – en sekerlik die vernederendste oomblik – vir my, was die eerste dag op stel. Dit was net my dag, wat beteken dat ons vir die grootste deel van die dag net Kyla-tonele geskiet het. En in die stel se kombuis is daar ’n wasbak, maar daar is natuurlik geen pype of iets daaraan gekoppel nie. Maar Kristen het dít nie verwag nie! In die toneel moes ek skottelgoed was, en ek het die prop uit die wasbak getrek, die prop neergesit en aangegaan. Ek hoor toe net ’n bietjie water loop en dink toe: ‘O, dis oraait.’ Ek het toe weer die prop gevat en ingedruk, maar dit was te laat. Water het amper die hele grot (dit is wat die groep meisies hul huis noem) oorstroom. Kyla het die grot amper vernietig nog voordat die reeks begin het! (lag)

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Kristen, wat voorheen bekend was as Amorey in 7de Laan, is reeds wyd geloof vir haar spel as Kyla, die mees konserwatiewe jong vrou onder vier wildvreemde eerstejaar-kamermaats in die Pantera-koshuis aan die fiktiewe Eike-universiteit. Sy speel teenoor Beáta Bena Green (Arendsvlei), Celeste Loots (One Piece, Trompoppie), asook Mienke Ehlers (Dinge van ’n Kind) in die reeks. Wyfie word deur die veelbekroonde Homebrew Films (Trompoppie) vervaardig.

Met die eerste 26 episodes (van 45) wat nou op Showmax stroom, het Amanda Tremeer-Young met Kristen gesels om meer uit te vind.

Wyfie is ’n chaos-avontuur.

Kyla is van ’n klein dorpie af. Sy is baie gelowig en baie in beheer. Sy is ’n baie goeie student, met baie druk op haar as gevolg van die verantwoordelikhede wat sy het. Oor die algemeen is sy nie die ideale student as dit kom by partytjie nie, maar sy is die ideale student vir ’n lektor, want sy swot as sy moet swot. (lag)

Ek vind heeltemal aanklank by Kyla. Eenhonderd persent. Ek dink ek was beslis Kyla toe ek jonger was, en nou leer ons eintlik so ’n bietjie van mekaar.

Ek het deur Unisa vir my IT-graad geswot, so ek kan nie vreeslik praat oor die universiteitsdae nie. Maar wat so kosbaar is, is dat Kyla eintlik maar ’n bietjie van ’n grot-otter is. Sy gaan nie uit, sy leef nie ’n lewe buite ’n boek nie, en ek kan nogal baie daarby aanklank vind. By Unisa moes ek myself geleer het, en ek het myself ook só toegesluit, baie soortgelyk aan hoe Kyla haarself agter die boeke hou.

Dis so wonderlik, want ek ervaar nou ook universiteit deur hierdie reeks – deur dié stories te vertel, is dit asof ek op universiteit is en dis baie lekker!

Definitief. Beáta (Bena Green), wat Shay speel, was ook by my vorige projek betrokke en ons is beste vriendinne.

Ek het nie eintlik baie vriendinne nie, maar ons het almal onmiddellik gekliek. Ons het baie van mekaar al op sosiale media gesien en al baie van mekaar gehou. Byvoorbeeld Mienke (Ehlers) – haar styl en aanvoeling vir mode is ongelooflik. Ek hou haar al jare dop – wat waarskynlik nou creepy klink!

Ek dink ons (die vier hoofaktrises) was ook bewus hoe belangrik ons band met mekaar (vir die projek) is. Dat ons lekker chemie móét hê vir hoe ons deur die projek sou gaan. Maar ons het nie nodig gehad om dit te forseer nie. Dit was net so perfek; asof dit veronderstel was om te gebeur.

Beáta (Bena Green)

Mense moet Wyfie kyk omdat dit grense gaan verskuif. Dit is stories wat nie noodwendig vertel word in ons taal of ons kultuur nie, maar dit is wat mense leef, hoewel ons skaam is om daaroor te praat. Ons gaan op baie mense se tone trap, maar as jy regte stories wil kyk met hart, met humor, met ’n hartklop, dink ek jy moet hierdie reeks kyk.

Ek dink teen dié tyd kan ek definitief sê toneelspel is my groot liefde, maar dit is steeds vir my baie moeilik om tussen musiek en toneelspel te kies omdat ek steeds musiek skryf as ’n vorm van terapie. Vir nou, in dié seisoen van my lewe, is toneelspel vir my die belangikste. Dalk verander dinge. Never say never.

Lees ook: Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Kristen Raath oor die gewaagde universiteitsdrama, Wyfie

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Binnelanders-nuweling, Deoudoné van der Merwe

Jy kan dalk dink Deoudoné van der Merwe se TV-loopbaan het laas jaar met ’n…

2 days Gelede

Verruklike winterpizza

Verruklike winterpizza met gekaramelliseerde uitjies, crème fraîche, orego en tiemie. Resep deur Vickie de Beer

2 days Gelede

Nuutste beperkte hoeveelheid wyn-etiket van KWV se The Mentors

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts en verskaf. The Mentors Limited Edition Tempranillo 2021 is…

2 days Gelede

Ivan en Donnalee stel nuwe kykNET-reeks bekend

Die aarde het ’n jaar nodig om een keer om die son te beweeg. In…

3 days Gelede

Oogsiektes onder die vergrootglas: Wat jy moet weet

Deur Christa Swanepoel Oogsorg begin reeds van geboorte af. Pas ná geboorte moet ’n pediater…

3 days Gelede

Die beste eierbroodjie

Die beste eierbroodjie Lees ook: Spek-en-eier-pasta

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.