kategorieë: Ons menseBekendes

10 vrae vir Leon van Nierop

1 Waaroor gaan jou jongste boek, Moord op Lake Panic?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Dit handel oor ‘n eksentrieke speurder, Beer Henning, wat ook ‘n tatoeëerkunstenaar is en na die vermoedelik getoorde meer Lake Panic (moontlik met ‘n meermin!) duskant Mica in die bosveld genooi word. ‘n Sjefskool word daar aangebied voor die Baponeng-stam, wat al eeue daar woon, die eienaarskap van die land en die lodge, wat deur ‘n Amerikaner gebou is, terugneem word. Dan word twee moorde gepleeg en Beer moet die skuldige(s) vastrek terwyl sy eie lewe in gevaar is. Boonop is hy besig om van sy vrou, Cynthia, te skei en raak hy geïrriteerd met die groter-as-die-lewe-self-bekendes wat die skool bywoon. Hy’s maar ‘n nugter, eenvoudige ou.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

2 Waar kom die idee vir die boek vandaan?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Ek het saam met ‘n vriend, Lihan Pretorius, deur die wildtuin by ‘n bordjie “Lake Panic” duskant Skukuza verbygery. Die naam het my só geïnteresseer dat ek ‘n storie rondom dit uitgedink het. Die speurder Beer Henning was nog altyd ‘n soort teenwoordigheid in my storiekop: lief vir die bos, mal oor die Laeveld, enigmaties, skerp, intelligent en baie rustig waar dit by moeilike sake kom, hetsy moord of iets anders wat hy met sy skerp logika oplos. Dit is sy bedaardheid, maar moenie-met-my-skoor-soek-nie-persoonlikheid en onselfbewustheid wat my laat wens dat ek ook so kan wees. Hy klop al jare by my aan en vra om oor geskryf te word. Moord op Lake Panic was die aangewese platform.

3 Hoe lank het dit geneem om die boek te skryf?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Covid het reg in die middel van die skryf daarvan uitgebreek, en waar dit my gewoonlik ses weke neem om ‘n roman se eerste weergawe te skryf, het hierdie een my 18 maande geneem. Met die sluiting van veral Caxton-uitgewers se tydskrifte en ander werk wat ek verloor het (redakteurs het soms letterlik net vir my ‘n e-pos ná 25 jaar se werk gestuur en gesê: “koebaai!”) het woede en depressie by my oorgeneem. Maar my lewensmaat, Werner Klopper, het my gou daaruit geruk. Ook het die roman die nuttelose selfbejammering uit my geboender sodat ek weer met my skryflewe kon voortgaan. Voeg daarby die wonderlike redigeerders Louis Esterhuizen en Penguin Random House se Elzebet Stubbe se onbaatsugtige hulp, en ek kon weer voortgaan.

4 Is jy ’n aanhanger van misdaadfiksie en watter skrywers se werk geniet jy?

Ek was nog altyd mal oor misdaadfiksie, maar was erg teleurgesteld in Richard Osman se boeke, wat wêreldwye treffers geword het, maar my oneindig verveel het. Dit was vir my onverstaanbaar. Daarom het ek teruggekeer na die meesters, Agatha Christie, PD James en Alexander McCall Smith se No. 1 Ladies’ Detective Agency-boeke wat my inspireer.

5 Wat lees jy graag?

Biografieë, meesterslesse in hoe om romans te skryf, veral hoe om ‘n storie uit te dink, te skaaf en dit op papier te kry, karakters te skep en ‘n storie te laat vloei. Hoe om “snoesige” speurverhale te skryf, ware misdaadverhale en boeke oor rolprentgeletterdheid – dus hoe om flieks te waardeer en te resenseer. Dit fassineer my en ek lees dit soos storieboeke.

6 Kan ons in die nabye toekoms nóg ’n boek uit jou pen te wagte wees?

Ek het ‘n hele paar opwindende projekte, weg van romans, gedurende die eerste paar maande van hierdie jaar, maar ja. Wanneer daar tyd is. Resensies hou my veral baie besig en skrywes oor rolprentgeletterdheid en -waardering, maar daar kom hopelik weer romans. Daar is nog ‘n Beer Henning-avontuur op ‘n baie vreemde plek in my kop, maar ‘n ander roman wat heeltemal ‘n nuwe pad loop sodat ‘n mens as skrywer nie in ‘n groef beland en stagneer deur dieselfde resep tot vervelens te herhaal nie. Ek skryf natuurlik heerlik aan RSG se sepie Hartebreker, veral na aanleiding van die goeie reaksie en RSG se ondersteuning daarvan.

7 Jy is omtrent bedrywig – hoe lyk ’n dag in jou lewe?

Elke dag lyk anders. Wanneer ek rolprentvoorvertonings in die middel van die dag het, teater saans of TV- of radio-opnames, staan ek vroeg op om daardie tyd in te haal. Dis vir my ‘n voorreg om daardie werk weg van die huis te kan doen. Ek skryf dan ook middae tot halfvyf en werk streng volgens ‘n rooster. Saterdae voer ek gewoonlik Hartebreker op. Dis ‘n groot vreugde in my lewe met daardie groep uitmuntende en lewendige akteurs! Ek sien Sondae my vriende en kan die dag onbevange en sonder spanning saam met Werner deurbring. Hy verstaan die stres in my lewe en dien as ‘n wonderlike weerligafleier.

8 Wat sal jy graag wil doen waarvoor jy nie tyd het nie?

Reis, reis, reis, veral buiteland toe. En om meer Scrabble te speel. Ook om meer by my huis Wolwedans in die Laeveld te kom.

9 Wat laat jou lag?

Ek lag maar selde in flieks en selfs romans as mense te hard probeer. Charles M Schultz se Peanuts laat my dikwels onbedaarlik skaterlag, veral die doen en late van my twee gunstelingkarakters Peppermint Patty en Marcie. En natuurlik om my te verlekker in die geniale filosofie agter elke strokie. Dan, om saam met Werner en ons worshondjie, Wolfgang, met sy unieke persoonlikheid, te kan rondloop en hul geselskap te geniet, want dié twee saam is iets om te aanskou.

10 Hoe ontspan jy ná ‘n besige dag?

Ek kyk na die daaglikse Britse reeks Pointless op BBC BRIT (kanaal 120). Dit is ‘n fantastiese reeks wat jou kennis geweldig verbreed en (soos Scrabble) jou intellektueel vermaak sonder die gewone maklike en vervelige cliché-vrae.

Deur Anlie J v Rensburg

Deel
Gepubliseer deur
rooi rose span

Onlangse plasings

Kristen Raath oor haar snaaksste, en vernederendste, oomblik op die stel van Wyfie

Dié toekennings, wat deur Screen International aangebied word, word op 20 Mei 2024 in Cannes, Frankryk, uitgedeel.…

15 hours Gelede

Kokkedoor se inskrywings is oop! Is jy gereed om oor die kole gehaal te word?

Soos in die eerste aflewering van Kokkedoor Vuur & Vlam in 2023, moet deelnemers vanjaar…

2 days Gelede

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 weeks Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 weeks Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

2 weeks Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

2 weeks Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.