kategorieë: Ons menseBekendes

10 Vrae aan Boer Soek ’n Vrou se Leah

10 Vrae aan Boer Soek ’n Vrou se Leah Deur Zoë Salzwedel. Hooffoto: verskaf

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Leani van Niekerk (beter bekend as Leah) is ’n Suid-Afrikaanse aktrise, sangeres, danser, TV-aanbieder en model wat bekendheid verwerf het met ’n hoofrol in die Suid-Afrikaanse fliek, As Jy Sing.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

In 2018 het sy ook een van die hoofrolle vertolk in die Afrikaanse fliek Susters, en sy was ook die stem van Gerda in die animasiefliek Sneeukoningin 2 in 2016. Leah het deur die jare in talle oorsese TV-advertensies gespeel en ook met stemwerk geld verdien. Tans is sy die aanbieder van die gewilde werklikheidsreeks, Boer Soek ’n Vrou, en haar jongste album, Kyk na My, is ook onlangs bekend gestel.

Leah verskyn ook gereeld op die voorblaaie van gewilde Suid-Afrikaanse tydskrifte, en spog met ’n groot klomp aanhangers – meer as 95 200 volgelinge op Instagram – en ’n hele rits pryse, onder meer Nuweling van die Jaar (Tempo-toekennings) en Vroulike Kunstenaar van die Jaar (Bokkie-toekennings).

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Lees ook: Ontmoet vanjaar se boere!

10 Vrae aan Boer Soek ’n Vrou se Leah

Min mense weet dat sy ook ’n B.Com.-graad in regte agter haar naam het en in 2011 Rapport se Model van die Jaar-kompetisie gewen het. Leah het haar regsgraad aan die Universiteit van Stellenbosch behaal, en daarna musiekteater, drama en dans aan die Waterfront Theatre School in Kaapstad studeer.

Tydens en ná haar studie was Leah te sien in talle teateropvoerings, onder meer The Great Moscow Circus, Station 70, That 80’s Show, Face the Music en ABBA – The Tribute. Sy het ook in verskeie musiekvideo’s vir gewilde kunstenaars soos Jack Parow, Dewald Wasserfall en Francois Louw verskyn. Sy het al in advertensies verskyn vir Veet, Freshpak Rooibos, LG, Ax Deodorant, Brand Power en Oral B, en sy was ook die aanbieder van ’n verskeidenheid internasionale aanlynkanale, waarvan Reelkandi.tv in die Verenigde Koninkryk die gewildste was.

Sy sing ook gereeld verhoë aan die brand en is mal oor reis, gesinstyd en modelwerk. Ons het met haar te gesels oor die nuwe seisoen van Boer Soek ’n Vrou.

1. Wat maak dié seisoen van Boer Soek ‘n Vrou spesiaal?

Ek dink die verrassingselement is vanjaar die grootste tot nog toe.

2. Wat was vir jou die lekkerste deel van verfilming?

Ek het vanjaar omtrent baie groot masjinerie bestuur – dit was vet pret! Die boere het my mooi touwys gemaak.

3. Wat dink jy gaan kykers die meeste geniet van dié seisoen?

Die boere het almal uitsonderlike persoonlikhede en stories. Ek dink die hele land gaan op hulle verlief raak.

4. Wat geniet jy die meeste van jou betrokkenheid by Boer Soek ’n Vrou?

Die lekkerste sal altyd wees om saam met die boere hul pad te stap. Hulle is so trots op wat hulle doen en het letterlik hul harte op die spel gesit om liefde te vind. Ek ry die wipplank saam met hulle en het groot waardering vir hulle.

5. Watter raad het jy vir jong vroue wat dit miskien oorweeg om vir iets soos Boer Soek ’n Vrou in te skryf, maar nie seker is of hulle die kans moet waag nie?

Doen dit! Dis nóg ’n geleentheid om iemand te ontmoet en selfs vriende ook te maak. Dis ’n manier om uit jou gemaksone te kom en ‘n bietjie dieper in jou menswees te delf. Mense leer so baie van hulself,  dis regtig ’n journey. En wie weet, dalk vind jy nog liefde ook! Wees net deur die hele proses jouself – dis wie die boer wil sien.

6. Waaraan werk jy tans?

My nuutste album, Kyk na My, is onlangs uitgereik en ek is besig met die bemarking daarvan. Verder is dit vertonings om my musiek daarbuite te kry. Ek is só gelukkig op die verhoog.

7. Die jaar staan einde se kant toe – watter lewenslesse het jy vanjaar geleer? Wat sou jy anders wou doen?

Koester die tye saam met die mense naaste aan jou. Doen moeite met jou familie en vriende – dis húlle wat jou ondersteun en altyd daar sal wees vir jou. Moet ook nooit verander vir enigiemand nie. As mense jou nie kan aanvaar vir wie jy is nie, dan wil jy hulle beslis ook nie in jou lewe hê nie.

8. Wat was vir jou ’n hoogtepunt van die jaar, en hoekom?

Die oomblik toe ek uiteindelik my nuwe album in my hande kon hou, was vir seker my hoogtepunt! ‘n Mens werk so hard en dit verg regtig baie tyd en inspanning. Om te sien hoe dit alles bymekaar kom, is bitter spesiaal!

Ek was ook baie bevoorreg om Portugal en Bali te besoek, en ek is ná hierdie reise nog liewer vir my man en vriende!

9. Enige groot planne vir 2020?

Sing, sing, sing en sing, en dan hopelik nog lekker baie TV-werk … Ek kan dalk net op ’n ander soort verhoog gesien word.

10 Vrae aan Boer Soek ’n Vrou se Leah

10. Met al jou besoeke aan verskillende dele van die land (en verskillende boere se plase) sien jy heelwat van ons pragtige en unieke land. Watter raad het jy vir Suid-Afrikaners wat moedeloos voel oor die stand van sake in Suid-Afrika? En wat wil jy graag hê moet Suid-Afrikaners altyd in gedagte hou wanneer dinge nie op daardie oomblik fantasties lyk nie?

Ons land is bitterlik mooi en ons het die mense met die mooiste harte ter wêreld. Ons moet altyd onthou: al gaan dit ook hóé sleg, ons het mekaar, God en hoop. Wanneer dinge sleg gaan, doen jou bes om dit beter te maak. As dit buite jou beheer is, kyk na die positiewe en moenie net in sak en as sit nie.

Maak nie saak wie jy is, waardeur jy gaan, hoe jy lyk of waar jy vandaan kom nie, jy is altyd genoeg!

Boer Soek ’n Vrou word Donderdae om 20:00 op kykNET, kanaal 144 op DStv, uitgesaai. Loer hier en ontmoet die 10 boere van die 12de seisoen!

Deel
Gepubliseer deur
Zoe Salzwedel

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.