kategorieë: ReisOntspanning

Ontdek die topervaring waar alles met Club Med ingesluit is

As jy nie die konsep ken nie, stel ons jou graag daaraan bekend: Dis ’n vakansie waarby alles ingesluit is en dit beteken dat een bespreking vir elke besonderheid sorg. Van akkommodasie, maaltye, drankies, vermaak, sportaktiwiteite, ontspanningsaktiwiteite tot selfs jou vlugte en vervoer na die oord wat jy kies. Dit sluit selfs gratis WiFi, belasting en fooitjies in.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Dis ’n moeitelose manier om te reis en Club Med het dit al oor 70 jaar vervolmaak, wat verseker dat jou vakansie-ervaring ongeëwenaard is en jy jou nie oor addisionele kostes vir kos, drankies, aktiwiteite of vermaak hoef te bekommer nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Wat kan jy dus van ’n Club Med-pakket, waarby alles ingesluit is, verwag?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

By Club Med glo ons die eindbestemming moet net so uitsonderlik as die ervaring self wees. Vandat jy met die gesing van tropiese voëls op Mauritius wakker word en dan na ’n privaat Sheychellois-eiland seil of rondom Frankryk, die Italiaanse Alpe of Japan – elke ligging is sorgvuldig gekies om aan jou ’n unieke verdieping in die kultuur te bied. Ons oorde smelt moeiteloos met die omliggende omgewing saam om ’n outentieke en onvergeetlike ervaring te bied. Met ’n wye reeks verblyfopsies vanaf standaardkamers, ’n eksklusiewe versameling suites tot villas, wat noukeurig ontwerpte ruimtes vir slegs volwassenes of gesinne bied, is daar iets vir almal om te geniet.

By Club Med glo ons daaraan om niks minder as die beste te bied nie. Dis hoekom al ons oorde opgegradeer is, wat ’n topervaring aan ons gaste verseker. En as jy vir iets werklik luuks soek, wag ons Eksklusiewe Versamelingreeks op jou met private aanbiedinge, soos verpersoonlikte diens van ’n butler en vonkelwyn om 18:00 elke dag. Dis die ervarings wat reis herdefinieer.

Maak jou gereed vir ’n magdom van aktiwiteite wat by Club Med se oorde beskikbaar is. Met tot 25 sportsoorte om te probeer waaroor gesertifiseerde gidse toesig hou, kan jy elke dag op ’n nuwe avontuur gaan. Jy kan die oseaan jou speelgrond maak en jou dag met allerhande aktiwiteite, soos windseil, kajak, snorkel, waterski, paddleboarding of aërobiese klasse in die water vul. Of daar is tennis, padel, gholf, boogskiet, voetslaantoere, joga op die strand met ’n uitsig oor die see, meditasie in die woud of sweefstokvlieg. Wat jy ook al verkies, ons het dit vir jou. En die beste deel? Dit is alles in jou pakket ingesluit, sodat jy jou heeltemal in jou ervaring kan verdiep sonder om jou oor ekstra kostes te bekommer.

Dié wat na ontspanning en hernuwing op soek is, kan hulself met ’n luukse swem met mengeldrankies bederf op ’n luilekkermiddag by die Zen-swembad wat slegs vir volwassenes is.

By Club Med het ons aan alles gedink om seker te maak dat kinders en volwassenes die beste ervaring ooit het. Ons Kid Clubs bied aktiwiteite vir kinders van 4 tot 17 jaar waar daar toesig gehou word, wat dit vir hulle moontlik maak om in ’n veilige en lekker omgewing te speel en te verken. Babas so jonk as vier maande oud is welkom by uitgesoekte oorde met babavriendelike diens. Dit sluit babakos, ’n stootwaentjie, kamergeriewe en babagim in wat dit vir ouers moontlik maak om nie al hierdie noodsaaklikhede van die huis af hoef te bring nie. Hulle kan in rus en vrede hul vakansie geniet. Mini Club Med+ bied kinders van 4 tot 10 jaar ’n raamwerk om plesierige aktiwiteite te geniet wat deur positiewe opvoedkunde geïnspireer is. Die Teen Club is gemik op kinders van 11 tot 13 jaar en dit gee hulle aktiwiteite om uit hul roetine te breek, onverwagse oomblikke te skep en hul talente ten toon te stel. Vir ons tieners, is daar Chill Pas’s Club Med wat op jongmense van 14 tot 17 jaar oud gemik is. Dit gee hulle die geleentheid om saam met kinders van hul eie ouderdom in ’n feestelike atmosfeer te kuier.

Gesinne sal die ongelooflike gesinsprogram met toegewyde gedeeltes om die hele familie byeen te bring om onvergeetlike oomblikke, van speletjies buite tot gesinsvriendelike peuselhappies, te geniet.

Mense wat lief is vir kos sal mal wees hieroor. Om te eet, is ’n ervaring by Club Med. Vanaf plaaslike spesialiteite tot internasionale kookkuns, ons buffet-etes, fynproewersrestaurante en kroeë op die strand bied tot 30 verskillende keuses vir elke maaltyd. Tussen maaltye kan jy jouself met heerlike soet en sout peuselhappies bederf saam met verfrissende mengeldrankies om jou dors te les en vonkelwyn elke dag om 18:00 by ons Exclusive Collection-oorde en -ruimtes. Met ’n fokus op gehalte, volhoubaarheid en plaaslike verkryging kan jy lekker sonder enige skuldgevoelens smul.

Of jy nou ’n arancini in Sisilië geniet, gyros in Griekeland, raciette in die Franse Alpe of ’n lekker braai op die strand op Seychelle – elke happie gaan heerlik wees. Plus, die kos is soos ’n vertoning met ’n storie-element daarby en tafeldiens wat by ons fynproewerrestaurante beskikbaar is. Dit maak elke maaltyd by Club Med ’n kulinêre avontuur wat jy nie gou sal vergeet nie.

Aandvertonings en partytjies is ’n integrale deel van die aanbieding wat alles insluit en die gees van Club Med is iets sonder weerga. Van vermaak saans met ongelooflike danse tot lewendige Wit Partytjies by die see – elke dag word met baie lag en glimlagte gevul. Ons span professionele SO’s (saggeaarde organiseerders) verbind hulle daartoe om jou geluk te verseker met hul onuitputlike energie en unieke toewyding tot diens.

By Club Med word elke oomblik so ontwerp om jou te verbaas sodat jy met herinneringe kan wegloop wat jou ’n leeftyd sal hou. So waarom enigiets minder kies? Kies Club Med vir ’n vakansie-ervaring waarby alles ingesluit is en wat werklik beter in elke sin van die woord is.

Wuif tot siens vir stres en hallo vir avontuur terwyl ons vir alles anders sorg.

Lees ook: Kokkedoor se inskrywings is oop! Is jy gereed om oor die kole gehaal te word?

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Binnelanders-nuweling, Deoudoné van der Merwe

Jy kan dalk dink Deoudoné van der Merwe se TV-loopbaan het laas jaar met ’n…

3 days Gelede

Verruklike winterpizza

Verruklike winterpizza met gekaramelliseerde uitjies, crème fraîche, orego en tiemie. Resep deur Vickie de Beer

3 days Gelede

Nuutste beperkte hoeveelheid wyn-etiket van KWV se The Mentors

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts en verskaf. The Mentors Limited Edition Tempranillo 2021 is…

3 days Gelede

Ivan en Donnalee stel nuwe kykNET-reeks bekend

Die aarde het ’n jaar nodig om een keer om die son te beweeg. In…

4 days Gelede

Oogsiektes onder die vergrootglas: Wat jy moet weet

Deur Christa Swanepoel Oogsorg begin reeds van geboorte af. Pas ná geboorte moet ’n pediater…

4 days Gelede

Die beste eierbroodjie

Die beste eierbroodjie Lees ook: Spek-en-eier-pasta

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.