kategorieë: Ontspanning

Stellenbosch in vol blom vir tuin- en buitelugfees

Stellenbosch ontsien weer geen moeite vir tuiniers en liefhebbers van die buitelewe in dié tiendag-lange fees, wat van 20 tot 30 Oktober sy strate en omliggende omgewing sal transformeer.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Garden Town Stellenbosch is geïnspireer deur die wêreldbekende blommefees in Girona, Spanje en sal alles van tuinboutoere tot blomkuns insluit; eet tot stap; en gas-tuinspesialiste, alles in ’n majestueuse omgewing. Selfdoen groentetuin-maak, wynproe, verf, begeleide voëlstappe, kransmaak, mos-opvoedkundige praatjies, teken met gare, heuningproeë en vele meer – dit is alles op vanjaar se program.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Garden Town Stellenbosch is ’n Visit Stellenbosch-inisiatief, wat bestaan ​​uit die streek se toerisme-belanghebbendes en -vennote, waaronder die Stellenbosch Munisipaliteit en Stellenbosch Wynroetes. Die doelwit is om die toerisme- en ervaring-ekonomie in Stellenbosch tot voordeel van alle gemeenskappe te laat groei. Dit betrek baie bekende eiendomme en -persoonlikhede, insluitend die Dylan Lewis Beeldhoutuin, Rupert Museum, Quoin Rock, Ernst van Jaarsveld, Lanzerac en Babylonstoren, terwyl dit ook die lewens van mense in die Kayamandi-, Idasvallei- en Klapmuts-gemeenskappe verryk.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Tydens die fees sal die Stellenbosch sakekern versier word met ’n blommetema en prominente installasies. Kleurvolle blomvertonings – sal soos verlede jaar – by openbare ruimtes in Birdstraat gedoen word. Hou jou oë oop vir motors, fietse, ’n Harley Davidson-motorfiets en trollie, wat met blomme versier is en in die dorp uitgestal word.

Lees nog: Kanonkop se jongste Paul Sauer nou beskikbaar en Cab kom

Bedek jouself met blomme

Die program skop op 20 Oktober af met ’n groot blomparade, wat as amptelike bekendstelling van Garden Town Stellenbosch sal dien. En almal is genooi! Trek volgens die tema aan en as jy hulp nodig het, sal daar ’n stalletjie by die Braak – die vertrekpunt – wees wat toepaslike toebehore verkoop.

Die parade sal onmiddellik gevolg word deur ’n blomme-weergawe van die dorp se somer-opskiet straatgeselligheid – ’n Tuin Soiree. Dit vind van 19:00 tot 21:00 by Voorgelegen se vernuwende tuine plaas.

Talle aanbiedings en installasies sal by die Stellenbosch stadsaal, in die hartjie van die dorp, plaasvind. Dit word deur die Wes-Kaapse Vereniging vir Blommerangskikkers (WCAFA) georganiseer. Blommeklubs sal van 22 tot 29 Oktober deelneem en daar sal ook werkswinkels en blomme rangskikkingsgeleenthede en -meesterklasse wees.

Die Stadsaal sal ook ’n kunsuitstalling deur The Voice Collective aanbied.

Tuine op skou

Private wonings se tuine sal op Vrydag 21 Oktober en 28 Oktober en Saterdag 22 Oktober en 29 Oktober, vir besoekers oop wees. Besoekers word aangeraai om die program na te gaan, om te sien watter tuine wanneer oop is. ’n Toegangsfooi van R20 per tuin sal gehef word. Alternatiewelik kan ’n naweekpaspoort van R200 gekoop word, wat toegang tot al die tuine bied.

Sommige privaat-tuine sal deel van ’n nuwe kompetisie vorm. Die munisipaliteit se eerste Burgemeester Tuinkompetisie sal op tuine in nuwe behuising en gemeenskapsontwikkelinge fokus. Vyf nuwe behuisingsgebiede is geïdentifiseer om oorweeg te word: Mandela City in Klapmuts; Hillside in Idasvallei; Watergang in Kayamandi; Jamestown, en, La Motte in Franschhoek.

Die streek se beroemde tuine is natuurlik slaggereed om op hul beste te lyk tydens die geleentheid, waaronder Old Nectar, Babylonstoren, Hawksmoor, Schoongezicht by Rustenberg en Aspidistra en Bonne Esperance. Gaan die program na vir elkeen se onderskeie openingstye.

By baie van hierdie tuine sal werkswinkels, praatjies en toere aangebied word. Babylonstoren se span sal byvoorbeeld besoekers wys hoe om ’n tussie-mussie te maak; die werk wat bye verrig, is die fokus tydens ’n begeleide stap; Ernst van Jaarsveld bied van sy spesiale versamelings aan, asook ’n toer deur hul kombuistuin.

Werkswinkels sal ook in Stellenbosch Kloof se Canettevallei – bekend vir sy laventelprodukte – aangebied word. Hierdie praatjies sluit die maak van Protea-origami, ’n laventelstaffie, natuurlike seep, en ’n laventelpraatjie en wynproe, in.

By Joostenberg wynlandgoed word ’n Lente-plaaswandeling aangebied – die perfekte manier om die pragtige Stellenbosch buitelewe te geniet.

Tydens Boschendal se begeleide staptoere sal geesdriftiges meer kan leer van die plaas se  geskiedenis en hulle regeneratiewe boerderypraktyke en volhoubare tuinmaak beginsels terwyl hul die indrukwekkende skoonheid van die plaas en sy tuine sal geniet. Hier is ook jou kans om seisoenale kruie uit hul kruietuin te oes en kennis te maak met hulle grond tot vurk-filosofie.

Sluit by die pret by die AFGRI Paul Roos Lentemark aan

Paul Roos Gimnasium bied vanjaar die AFGRI Lentemark van 22 Oktober aan, wat by die Markötter-sportkompleks plaasvind. Die buitelugmark sal fokus op kos, wyn, tuin en tuisprodukte. Dit sluit die C2M Kiddies Garden in wat propvol vermaak vir die kleintjies sal inhou. As ‘n uitbreiding van die AFGRI Lentemark, bied Paul Roos ‘n verskeidenheid aktiwiteite tydens Garden Town aan. Dit sluit in die ABSA Kunstuin; die C2M High Tea met Dr Darren Green; werkswinkels wat fokus op die kuns van bonsai, die wonders van fermentasie en eko-drukwerk, asook ‘n besonderse geleentheid met skrywers en reisigers Erns Gründling en Lindie Stander.

Vir meer inligting oor al die tuinfees geleenthede en -besprekings, besoek VisitStellenbosch.org of bel 021 886 4310. Die Garden Town-webwerf –  www.gardentown.visitstellenbosch.org – is van Lentedag, 1 September lewendig en verskaf datums, tye, liggings en alle kostes.

Lees nog: Verdryf die winter-blues met interessante proeë

Deel
Gepubliseer deur
Gaynor Siljeur

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

4 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.