kategorieë: DieetGesondheid

10 beginsels agter die Noakes-dieet

Die Noakes-dieet werk uitstekend. Maar wat van al die kritiek? En al die verwarring? Watter vette is reg? Of is vette eintlik gevaarlik? Kan jy jouself in ’n hartaanval eet omdat jy bant? Om dit makliker vir jou te maak gee ons hier die bestuursopsomming van die wetenskaplike feite waarop die Noakes-dieet gebaseer is. As jy meer oor enigeen wil weet, klik net op die skakel en lees die volledige verduideliking.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

1 Vette veroorsaak nie hartkwale nie

Die Noakes-dieet fokus op vette. Maar navorsing verbind nie vette aan hartkwale nie. Hartkwale word  veroorsaak deur ’n oormaat van suiker en koolhidrate.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Navorsing wys egter gehidrogeneerde vette en transvette (jy ken dit as harde vette), kan aan hartkwale gekoppel word. Hou dus by die goeie vette: olyfolie, kanola, botter, room, avokado’s, neute en neutolies.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

2 Suiker, verfynde koolhidrate en selfs vrugte skep eetlus

Hoe meer koolhidrate jy eet, hoe meer word jou eetlus geprikkel en hoe meer eet jy. In hierdie sin is dit ‘verslawend.’

3 Die Banting/Noakes-dieet gaan nie daaroor dat almal alle koolhidrate moet uitsluit nie

Party van ons is glad nie sensitief vir koolhidrate nie. Hierdie mense is rietskraal sonder dat hulle dieet. Hulle het ook nie insulienweerstandigheid, prediabetes, diabetes, metaboliese sindroom of verhoogde cholesterol nie. Met ander woorde, die normale koolhidraatdieet werk goed vir hulle.

Maar die meeste van ons is sensitief vir koolhidrate: dit gooi ons eetlusbeheerstelsel heeltemal omver, sodat ons honger bly en kort-kort wil eet of peusel. As jy een van hulle is, is dit net logies dat jy oorgewig is, met veral vet om die maag. As jy nie reeds siek is nie, is jou kanse op insulienweerstandigheid, diabetes, metaboliese sindroom en hartkwale groot.

Vir hierdie mense beveel die Noakes-dieet sowat 20 g – 50 g koolhidrate per dag aan. As jy gewig wil verloor, mik vir 20 g per dag.

4 Ons het glad nie koolhidrate en suiker nodig nie

Die standaard aanname is dat koolhidrate one bron van brandstof en mikro-voedingstowwe soos vesel, vitamiene, minerale en anti-oksidante.  Maar ons kan baie maklik vette as energiebron gebruik. Lae koolhidraat groente kan ons al die vesel, vitamiene en anti-oksidante verskaf wat ons benodig.

5 Moenie te min vette eet nie

Vette is versadigend. Hulle is ook voedsaam, en goeie bronne van omega 3. Buiten dat vette ons natuurlike brandstof is, het ons brein en senuweestelsel dit ook nodig.

6 Die Noakes-dieet is ’n matige dieet

Anders as wat wat baie mense glo, vra die Noakes-dieet nie kilogramme steak en ’n halfdosyn eiers nie. Jou porsies is steeds matig. Een eier tel as ’n porsie; ’n porsie vleis is so groot soos die palm van jou hand. Jy eet gewone hoeveelhede kos, en verruil net die koolhidrate vir ’n bietjie vette.

7 Jy eet wanneer jy honger is

Jy het nie drie maaltye en twee happies per dag nodig nie. As jy koolhidrate genoegsaam beperk, sal jy nie elke drie uur hoef te eet nie. Jou eetlusmegansime sal korrek werk en jou laat honger voel wanneer jou liggaam krag nodig het. Jy sal dalk na twee of vier ure of eers na 12 ure wil eet. Die beginsel is dat jy eet as jy honger is, en ophou eet sodra jy net-net versadig is.

8 Die Noakes-dieet is bekostigbaar

LET WEL: die pryse soos onder genoem was ten tyde van die plasing van hierdie artikel geldig.

Vette is in die reël nie duur nie. Jy het in elk geval min daarvan nodig. Koolhidrate in die vorm van kitspappe, gaskoeldranke, wegneemkos, pizzas en so aan is baie duurder as vleis. Kyk net hierna:

  • ’n Pizza kos rondom R100. ’n Tuisgemaakte pizza kos ten minste R10 vir die basis, nog R10 vir die vulsel van kaas en tamatie en nog een item.
  • ’n Eier kos steeds onder R2.
  • Vleis kos tussen R80 en R150 per kilogram. Een kilogram vleis is 10 porsies vleis. Selfs al berei jy jou pizza tuis voor, is ’n porsie vleis goedkoper as pizza.
  • Hoendervleis kos maar sowat R40 per kilogram.
  • Olyfolie kos sowat R100 per liter; kanola sowat R20 per liter en botter sowat R40 per kilogram. Jy kom met almal maklik 2-4 weke uit.

9 Die Noakes-dieet beskadig nie die niere nie

Die niere kan swaarkry wanneer mense baie proteïen eet. Die Noakes-dieet is nie ’n hoëproteïen-dieet nie, aangesien jy dieselfde hoeveelheid vleis eet as op die gewone dieetkundige dieet.

10 Pasop vir ‘skinny’ of ‘diet’-produkte

Dit beteken gewoonlik dat die vette weggelaat is en vervang is met suiker. Kits- en klaarbereide kosse bevat in die reël meer koolhidrate en/of ongesonde vette omdat vervaardigers albei baie goedkoper kan aankoop as wat jy kan.

Deel
Gepubliseer deur
Salome Delport

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

23 hours Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 day Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 day Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 day Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

2 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.