kategorieë: Ons menseBekendes

10 redes hoekom jy die Desember 2019-uitgawe van rooi rose moet koop

10 redes hoekom jy die Desember 2019-uitgawe van rooi rose moet koop deur Catherine Schenck

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

1. Ons kuier by die minlike Minki en haar mooi gesin

Minki en die Joubert-gesin sien uit om te kuier by hul vakansiehuis in Stilbaai na ’n woelige maar geseënde jaar. Hulle deel hul Kersfeeswense en vertel ons oor die jaar wat agter die blad is. Kom kuier saam op bl. 18.

Minki en Ernst Joubert

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

2. Lynette Francis en haar jeugliefde

Ons ken vir omroeper Lynette Francis as die slim vrou met sterk menings en ’n aansteeklike skaterlag. Haar paaie het onlangs weer met haar jeugliefde gekruis … en sy gloei van geluk! Lees ons onderhoud met haar op bl. 32.

Lynette Francis en Ashley Puren, foto deur Hema Patel

3. Ons hou ’n sonskyngeel Somerkersfees

Die gestrooptheid van die Klein-Karoo was dié jaar ons inspirasie vir heerlike Kersfeeskos en pragtige feestafels. Hierdie is beslis een storie wat jy nie moet mis nie – blaai dadelik na bl.76!

Foto: Lee Schwagele

Foto: Lee Schwagele

4. Dawid Minnaar

Dawid Minnaar, eersdaags te sien in die rolprent Poppie Nongena, verkies om uit die kollig te bly wanneer hy nie voor die kameras is nie. Maar dit beteken allermins hy is ’n kluisenaar … Lees op bl. 28 om uit te vind wat hy doen wanneer hy nie op die verhoog of silwerdoek verskyn nie …

Dawid Minnaar. Foto deur Robert Hamblin

5. Die mooiste Kersgeskenkgids

Ons redaksiespan het die heel mooiste Kersgeskenke uitgekies wat jy hierdie jaar vir jou mense kan gee. Kyk op bl. 12 vir die beste inspirasie.

10 redes hoekom jy die Desember 2019-uitgawe van rooi rose moet koop

6. Skoonheidswenke: Moeiteloos mooi vir die feestyd

Min van ons het die besige feesdae tyd om ure lank te tittewyt. Probeer eerder een van ons vinnige voorkomste en bring meer tyd saam met jou vriende en familie deur. Loer op bl. 54 vir alles van grimeerwenke tot sjiek haarstyle.

Foto: Kristina Stojiljkovic

7. Mode geel en beige

Geel en beige is dié kleurkombinasie van die seisoen. Ons modespan wys jou hoe jy dié twee pragkleure kan dra – en hoekom jy nie bang moet wees daarvoor nie! Loer op bl. 46.

10 redes hoekom jy die Desember 2019-uitgawe van rooi rose moet koop. Foto: Niquita Bento van Supernova

8. Leah deel haar onblusbare lewenslus

Die veelsydige vermaakspersoonlikheid Leah gesels oor die ander kant van roem, aanvaarding en lewenslus. Blaai na bl. 36 as jy wil hê sy moet jou aansteek met haar passie vir die lewe.

Leah. Foto deur Willem Botha

Lees ook: 10 vrae aan Boer soek ’n vrou se Leah

9. Reese Witherspoon

Ons gesels met Reese Witherspoon oor haar en Jennifer Aniston se nuwe televisiereeks, en oor vroue in magsposisies. Kyk op bl. 24.

As ’n ekstra bederfie, deel ons ’n video waar dié twee vriendinne lekker oor The Morning Show gesels. Klik hier om die video te kyk.

Reese Witherspoon. Foto: Stefanie Keenan/Getty images vir Elizabeth Arden

10. ’n Paar bekendes kyk terug oor 2019 en peins oor 2020

Margit Meyer-Rodenbeck, Anton Goosen, Suzaan Steyn, Francois van Coke en Luan Jacobs vertel ons meer oor hul ervarings in 2019 en hulle verklap wat hulle beplan vir 2020 … Loer op bl. 42

10 redes hoekom jy die Desember 2019-uitgawe van rooi rose moet koop

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

22 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.