kategorieë: WenkeMode

10 redes hoekom silwer en winter pasmaats is

Deur Bea Lingenfelder. Hooffoto pixabay.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Een

’n Silwer handsakkie kan jou staatmaker-uitrusting in ’n oogwink vernuwe.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Twee

Silwer juwele was nog altyd gewild, maar waag dit bietjie meer hierdie seisoen en fokus op geometriese vorms saam met blaar- en diermotiewe.

Lees ook: fokus op oorringe

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Drie

’n Paar silwer tekkies kan die oplossing wees om jou donker, welige, winteruitrusting woema te gee.

Vier

’n Futuristiese tema is in al die nuutste modes te sien en al besluit jy om net ’n bietjie silwer by te voeg, kan dit jou op ’n subtiele dog modieuse manier laat deelneem aan dié nuut-en-nou-trend.

Vyf

Wie kan nou die kenmerkende voorkoms van ’n sneeukoningin in wit en silwer weerstaan?

Ses

Silwer pas saam met net mooi enigiets! Ja, jy kan dit selfs saam met goud dra.

Sewe

Silwer en jou gunsteling klein swart nommertjie bly altyd ’n wenresep.

Agt

Het jy ’n dag-tot-aandgeleentheid aan? ’n Silwer aangliprok werk perfek saam met ’n denimbaadjie deur die dag. Verruil die baadjie later vir ’n syserpie en hakke.

Nege

Silwer mode beteken nie meer net daardie rubberige metaalglans nie. Silwer gare word nou in woltruie en jasse ingeweef vir ’n stylvolle wintervoorkoms. Blinker-afwerkings is ook gewild op die moue van hemde, truie en broeksome.

Tien

As jy steeds nie oortuig is dat silwer die kleur vir jou is nie, kan jy altyd veilig speel met ’n silwer belt. Hierdie item sal altyd ’n tydlose item by enige uitrusting bly, of dit nou hoogmode is of nie.

Gaan loer gerus in die winterstylgids van ons Mei 2018-uitgawe vir silwer items waarmee jy kan rondspeel!

Deel
Gepubliseer deur
Bea Lingenfelder

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

2 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

1 day Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

1 day Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

1 day Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.