
Super Cindy: ‘Nou weet ek wie ek is’
Daar was ’n tyd toe die kreatiewe dromer Cindy Swanepoel vervulling by iets of iemand buite haarself gaan soek het. Vandag weet sy van beter.
Geniet die sonskyn van vandag
Om te keer dat die lewe se onvoorspelbaarheid jou finansieel onkant betrap, is dit noodsaaklik om te weet wat ’n polis is en hoe dit as deel van omvattende finansiële beplanning gebruik kan word.
Ons loer in by Janie du Plessis en Daniah de Villiers
Janie du Plessis is so deel van ons kassie-ervaring soos Kraaines of Haas Das se Nuuskas. Sy is terug op die kassie – vir die vierde seisoen van In die Sop, die werklikheids program waarin sukkelende restaurante in die eerste drie seisoene oorgedoen is. Die fokus verskuif nou na gastehuise.


Maak dit spesiaal
Vier Paasfees met kleurryke en heerlike soet bederfies – die kinders gaan mal wees hieroor.
Hipnogeboorte: Die voordele
Talle voornemende ouers gaan die geboorte van hul kleinding met gemengde gevoelens tegemoet. Sal die proses goed verloop? Gestel hulle word onkant betrap of weet nie wat om te doen nie? ’n Unieke geboorte-opvoedingsprogram rus paartjies vir dié grootse ervaring toe.
‘Ek leef elke dag in dankbaarheid’
Op ’n Saterdagnag in 2020 het Mimie Jacobs ná ’n plaasaanval sewe kilometer met ’n meslem in haar kop gestap om hulp te soek. Oor die traumatiese tyd, sê dié Vrystaatse boer: ‘Ek het soveel guns van vriend en vreemdeling ontvang, soveel van myself geleer. Ek wil híér boer en ’n verskil in ander se lewe maak’
Vir die Pase
Maak heerlike geregte oor die Paastyd wat in samesyn geniet kan word.
Sure vir jou vel
Daar is deesdae gereeld ’n nuwe bestanddeel, ’n nuwe woord of ’n vreemde wetenskaplike naam wat in ons velsorgprodukte opduik, maar waar begin ’n mens? Hierdie is die sure wat die moeite werd is om van te weet, en die perfekte afskoppunt vir beginners
Denim-dae
Dis die perfekte kledingstuk vir hierdie tussenin-dae.
‘Afgetree, maar nou baklei ons’
Om af te tree, is nie kinderspeletjies nie. Jy was jare lank gewoond daaraan om jou eie koers in te slaan, maar nou moet julle saam rigting en ritme vind. Hoe gemaak met die konflik wat na aftrede opduik?
Lees ook: WEN ’n Willem Botha Beauty-geskenkpak ter waarde van R3 050!










