kategorieë: Leef gesondGesondheid

19 oorsake van ’n paniekaanval

Mense wat al geleer het hoe om hierdie oorweldigende angs van ‘n paniekaanval te hanteer, sê dit help om te weet wat dit is wat paniek by jou sneller. As jy verstaan wat aan die gebeur is, kan jy jouself daardeur praat en só jouself help om ’n paniekaanval te hanteer. Hier is ’n lys van die algemeenste oorsake van ’n paniekaanval.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Oorsake van ’n paniekaanval

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Paniekaanvalle is in werklikheid ‘n stres reaksie wat in die brein verkeerd loop – as’t ware ‘n oorreaksie. Hoewel ons van die volgende as ‘oorsake’ praat, is dit meer korrek om hulle as moontlike snellers te beskou. Met ander woorde as jy geneig is tot paniekaanvalle kan hulle jou oor die randjie stoot.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

1 Te veel koffie of kafeïen
Kafeïen veroorsaak nie paniekaanvalle nie, maar dit kan angsaanvalle sneller by mense wat sensitief is. As jy regtig van koffie hou, probeer kitskoffie soos Ricoffy.

2 Tee
Engelse tee bevat ook kafeïen. Rooibos en heuningbostee is veilig.

3 Sjokolade
Kyk op die etiket. Party soorte bevat verbasend baie kafeïen.

4 Energiedrankies
Daardie sport- en wakkerbly-drankies laat jou op kafeïen loop.

5 Energie-aanvullers met guarana
Al is guarana ‘natuurlik’ bevat dit twee keer meer kafeïen as koffiebone.

6 Te veel suiker
Suiker veroorsaak nie paniekaanvalle nie, maar dit kan paniekaanvalle vererger. Die WGO sê 4-5 teelepels suiker per dag is veilig en gesond, maar meer as dit is nie noodwendig vir almal gesond nie.

7 Stres
Stres is nie vir ons almal dieselfde nie. Vir party is dit te veel werk, vir ander word stres geskep deur hulpeloosheid en die gevoel dat jy nie in beheer is nie. Dit is te verstane dat groot krisisse ons kan vang, maar soms is dit ’n klein dingetjie wat die laaste strooi is. Moet dus nie ‘klein’ gebeure as niks afmaak nie.

8 Te min slaap
Omdat jy jou liggaam onder stres plaas, en stres ook angs sneller.

9 Te min oefening
Oefening is ’n uitstekende stresontlader.

10 Dagga
Tot 30% van mense wat dagga gebruik, ervaar met tye angsaanvalle.

11 Kodeïenpynpille
Net soos dwelms het dit ’n effek op die brein, wat veral sneller as die pil begin uitwerk.

12 Efedrien (Ephedrine)
Baie medikasies vir verkoue en asma, en veral ‘natuurlike’ medisynes, bevat efedrien.

13 Die Pil en ander hormoonbehandelings
Jy kan meer geneig wees tot paniekaanvalle in die stadiums dat jou hormoonvlakke wissel, soos met puberteit, tydens swangerskap en menopouse en perimenopouse. Medikasie hiervoor, soos die Pil en hormoonvervanging, kan dus ook by sommige mense angs sneller.

14 Medikasie
’n Hele aantal pille sneller angs by sommige mense, onder ander sekere medisynes vir asma, bloeddruk, antidepressante, slaappille en kalmeermiddels. Vra jou apteker om na te gaan of jou medikasie jou angs sou kon sneller.

15 Verkoue-medikasie en hoesstrope
Baie daarvan bevat kodeïen en/of efedrien.

16 Situasies
Baie mense vind dat sekere situasies – veral dié wat vantevore angs by hulle ontlok het – ’n volwaardige paniekaanval kan sneller. As jy een keer amper verdrink het, is die kanse goed dat jy elke keer as jy in die see swem, dieselfde paniek sal ervaar.

17 Sterk emosionele stres
Baie mense vind dat ’n traumatiese ervaring soos egskeiding of om na ’n koshuis te gaan as jy ’n kind is, paniekaanvalle sneller.

18 Lewensgebeure
Troumatiese gebeure soos egskeiding, verhuising, as iemand na aan jou sterf, ’n nuwe werk, afdanking, ernstige finansiële probleme en so meer.

19 Na afloop van stres
Party mense vind dat hulle sterk en kalm in ’n stresvolle situasie is, maar sodra die situasie ontlont is en al die drama verby is, slaan paniek toe.

Lees ook: Stres: Gee aandag aan jou liggaam se waarskuwingstekens

Deel
Gepubliseer deur
Salome Delport

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

9 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.