kategorieë: Ontspanning

Devil’s Peak se lokprent is uiteindelik hier!

M-Net se nuwe plaaslike reeks Devil’s Peak het die lokprent pas bekend gestel, wat kykers ’n voorsmakie gee van die intrige wat wag. Dié komende misdaadriller van vyf episodes is gegrond op Deon Meyer se topverkoper Infanta en begin Sondag 29 Oktober om 20:00 – slegs op M-Net (DStv-kanaal 101).

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Hierdie vlagskipreeks sal M-Net se Sondagaand-fliekgleuf vir die duur van sy vyf episodes ontwrig. Gedurende hierdie vyf weke sal die Sondagaandfliek om 21:00 op Sondae uitgesaai word.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Devil’s Peak is ’n veelvlakkige misdaadriller wat in een van die mooiste maar ook mees verdeelde, ongelykste stede op aarde afspeel: Kaapstad. Dié reeks is gegrond op Deon Meyer
se topverkoperroman en volg die verhaal van die talentvolle maar gebroke speurder Benny Griessel, wat die bloedige vigilante-reeksmoordenaar, Thobela Mpayipheli, probeer vastrek met die hele stad wat asem ophou.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Terwyl hulle mekaar probeer uitoorlê, kruis Benny en Thobela sê paaie met die desperate enkelma Christine, wat bereid is om enigiets te doen om ’n beter lewe vir haarself en haar
dogter te verseker. Die lotgevalle van hierdie drie karakters raak onontwarbaar met mekaar verstrengel terwyl die reeks opbou na ’n naelbyt-klimaks. Die kombinasie van ’n geweldig boeiende intrige met kompromislose lewensgetrouheid maak van Devil’s Peak ’n vars, eg Suid-Afrikaanse, kontemporêre speurverhaal.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

KYK: Devil’s Peak se lokprent

Lees meer oor die karakters en die akteurs/aktrises wat die rolle vertolk:

Bennie Griessel – ’n talentvolle speurder met ernstige persoonlike uitdagings wat probeer om die golf van misdaad in Kaapstad te bekamp. Bennie word vertolk deur Hilton Pelser, bekend vir rolle in die Starz-reeks Dangerous Liaisons en Kissing Booth, asook die hoog aangeskrewe plaaslike rolprente Moffie en Glasshouse.

Thobela Mpayipheli – ’n afgetrede agent van Nasionale Intelligensie wat die reg in eie hande neem. Hy’s ’n komplekse en enigmatiese karakter met sy eie idee van geregtigheid.
Thobela word vertolk deur Sisanda Henna wat ook te sien was in die M-Net-trefferreeks Trackers, wat topkyksyfers vir dié kanaal gehaal het. Hy is bekend vir die Hollywood-riller
Rogue met Megan Fox, Inconceivable en One Night Kwa Mxolisi. Vir laasgenoemde het hy self die regie behartig.

“Devil’s Peak gaan bowenal oor ’n pa se liefde en hoe niks dit kan stuit nie,” sê Sisanda. “Daaroor het ek en die regisseur [Jozua Malherbe] van die begin af saamgestem.”

Anna Griessel – Anna is Bennie se vrou. Sy was aanvanklik aangetrokke tot Bennie se wilde charisma, maar sy alkoholverslawing toets haar geduld tot die uiterste. Haar rol word vertolk deur Shamilla Miller, wat in Girl from St. Agnes en Troy: Fall of a City gespeel het.

“Om Anna te speel was uitdagend en bevredigend. Sy’s ’n tawwe vrou wat weet hoe om moeilike situasies met styl en finesse baas te raak,” sê Shamilla.

Christine van Rooyen – ’n veerkragtige enkelma wat verstrengel raak in die ysingwekkende wêreld van die Assegaai-moordenaar. Christine word gespeel deur Tarryn Wyngaard, bekend vir plaaslike produksies, soos Arendsvlei en Noem My Skollie, en internasionale treffers soos The Watch and Raised by Wolves.

“Die reeks is aksiebelaai, maar Christine se vroulike flair is ook ’n dodelike wapen,” sê Tarryn. “Sy is ’n meesterbrein-strateeg.”

Anton Heidt – ’n ryk sakeman met ’n donker en gevaarlike geheim. Die rol word vertolk deur Albert Pretorius wat bekend is vir TV-reekse soos Nêrens, Noord-Kaap, Donkerbos, Fynskrif en Spreeus, en ook vir rolprente waaronder Johnny is nie dood nie en Stiekyt tel.

“Ek dink kykers kan ’n wipwa-rit met verskeie kinkels verwag, spanning wat jou op die punt van jou stoel hou, ’n feilbare held, Bennie Griessel, en ’n storie wat jou enduit gaan boei soos net Deon Meyer kan,” sê Albert.

Mbali Kaleni – ’n jong en ambisieuse speurder wat vasbeslote is om haar merk in die polisiemag te maak wat steeds deur mans oorheers word. Die rol word vertolk deur Masasa
Mbangeni, bekend vir die M-Net- en Mzansi Magic-treffers Legacy en The Republic.

Col. Themba Genge – Bennie se vertroueling en bondgenoot wat hom deur sy donkerste dae probeer help. Litha Bam, wat te sien was in Raised by Wolves, The Mauritanian en The Fix, speel die rol van Themba.

“Ek is ongelooflik opgewonde om deel te wees van ’n Suid-Afrikaanse produksie van hierdie kaliber en om ’n rol te speel wat my uitgedaag het op maniere wat ek nie verwag het nie,” sê Lita. “Ek glo werklik hierdie reeks gaan baie spesiaal wees.”

Boef Beukes – ’n lojale, betroubare polisieman en ’n goeie vriend van Bennie. Die rol word vertolk deur Gérard Rudolf, bekend vir, onder meer, Paljas, Arende II, Griekwastad en die bekroonde rolprent Moffie.

Ook in die rolverdeling is: Soli Philander, Dawid Minnaar, Faith Baloyi, Daniel Richards, Thuli Thabethe, Tshamano Sebe, Lee Roodt, Gideon Drotschie, Sinako Lungiso, Sizwe Msutu, Adrian Collins, Rob van Vuuren, Brendan Murray, Motsi Tekateka, Athule Mazana, Jock Kleynhans, Julian Place, Cassidy Nicholson, Duane Williams, Craig Adriaanse, Aisha Sterris, Khadija Heeger, Boleng Mogotsi, Tamer Burjaq, Ntombi Makhutsi, Charlton George, Zintle Mayaphi, Michele Burgers, Toni Jean Erasmus, Thulani Nzonzo, Shane Manie, Amrain Ismail-Essop, Chima Okafor, Kazi Khuboni, Estella Nel, Siphenathi Qeja, Mpumi Sizani, Roberto Kyle, Themba Nofemele, Genna Galloway, Rea Segoati, Bongolihle Mpoyiya, Lester Kiewit en Alwyn Marx.

Moenie hierdie plaaslik verfilmde, meesleurende Suid-Afrikaanse spanningsverhaal oor misdaad, uithouvermoë en morele beginsels misloop nie. Die reeks se eerste episode word op Sondag, 29 Oktober, om 20:00 uitgesaai. Dit sal op DStv Stream gestroom word en sal ook op DStv Catch Up beskikbaar wees.

Meer oor die boek

Devil’s Peak, deur Deon Meyer, het oorspronklik in 2005 in Afrikaans as Infanta verskyn. Dit was ’n treffer by lesers én kritici, en Deon se boeke is intussen in meer as 20 tale vertaal en het meer as een miljoen eksemplare wêreldwyd verkoop. Hy het ook verskeie toekennings vir sy skryfwerk – plaaslik en internasionaal – ontvang. Onder sy ander topverkopers tel 13 Uur, 7 Dae, Prooi, Koors en Donkerdrif. Sy nuwe boek, Leo, word in Oktober vanjaar vrygestel.

Meer oor die produksie

Die bekroonde regisseur Jozua Malherbe is aan die stuur van hierdie internasionale ko-produksie wat stewig in Suid-Afrika gewortel is. Die reeks is plaaslik verfilm en vervaardig deur Lookout Point en Expanded Media Productions in samewerking met MultiChoice Studios en BBC Studios Distribution. BBC Studios, die eienaars van Lookout Point, sal die reeks internasionaal versprei.

Lees ook: Ontmoet die karakters van Taktiek – kykNET se nuwe komedie

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

5 lekker hoemoes-resepte

Hou jy van hoemoes? Dan sal 13 Mei vir jou ’n belangrike datum wees. Dié…

19 hours Gelede

Is dit hoekom jy maagpyn het?

Waar pyn jou maag? Die presiese plek waar jy die pyn ervaar, kan aandui wat…

4 days Gelede

Hoe om jou dogter groot te maak om sterk en vol selfvertroue te wees

In ons moderne wêreld, waar die uiterlike voorkoms blyk om al hoe belangriker te word,…

4 days Gelede

Sauvignon Blanc Dag op prettige manier gevier

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts Dis hoe die Suid-Afrikaanse wynbedryf die afgelope naweek Internasionale…

4 days Gelede

Willem Botha se nuwe liedjie kry die partytjie aan die gang

Veelsydigheid is Willem se middelnaam, maar musiek bly sy passie. Hierdie enkelsnit is sy eerstevrystelling…

4 days Gelede

Lemoen-ontbytkoekies

Die koekies is heerlik klam en maklik om te maak. Jy kan hulle sonder die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.