kategorieë: Ontspanning

Sauvignon Blanc Dag op prettige manier gevier

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Dis hoe die Suid-Afrikaanse wynbedryf die afgelope naweek Internasionale Sauvignon Blanc Dag op Stellenbosch gevier het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die Stellenbosch Rolbalklub se lede het hom hand gee met die reëls en puntetellings, terwyl joernaliste, wynmakers en bemarkers met ‘n glas van hul gunsteling Sauvignon, hul slag met die balle getoon het. Dis die derde jaar wat die rolbaldag gehou is en RJ Botha, voorsitter van die Sauvignon Blanc SA-vereniging en keldermeester by Kleine Zalze Wyne, vertel daar is op rolbal besluit, “omdat jongmense dit trendy – soos Sauvignon Blanc – vind en dis ook nie so tegnies soos onder meer gholf nie. Iemand kan dit vinnig leer speel en die interaktiewe spel leen hom tot netwerk tussen spanlede asook tussen verskillende spanne. Dit is in die eerste plek die doel om ‘n netwerkgeleentheid met die fokus op Sauvignon Blanc te skep.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Gaste is verwelkom met hierdie yskoue Sauvignon Blanc vonkelwyn.
RJ Botha, voorsitter van die Sauvignon Blanc SA-vereniging, verwelkom al die spelers op die baan en verduidelik die reëls.

Spanne is voor die tyd ingedeel en elke groep het iemand uit elke bedryf ingesluit, Uit die 24 spanne wat deelgeneem het, is die wenspan (Anton Oosthuizen – Beveratech, Estian de Wet – Constantia Uitsig, Carel Botha – Le Grand Chasseur en Johannes Richter – Wineland Media) aangewys en hulle het met heerlike pryse weggestap.

Die wenspan van die dag is van links, Carel Botha van Le Grand Chasseur, Johannes Richter van Wineland Media, Estian de Wet van Constantia Uitsig en Anton Oosthuizen van Beveratech. Heelregs staan RJ Botha, voorsitter van die Sauvignon Blanc SA-vereniging en keldermeester by Kleine Zalze Wyne.
Span 1 en 2 voor die amptelike kompetisie begin. Die hele doel agter die dag is om met ander te kan netwerk en alles oor Sauvignon Blanc as skakel.
Stuart Botha en Mia du Plessis, albei van Tokara.
Ons span was die wenner tussen span 1 en 2, maar helaas was die ander spanne se tellings heelwat hoër as ons s’n.
‘n Vriendelike gekorswel oor wie se bal nou eintlik die naaste lê vir nog meer punte.
Lizemarie Geldenhuys van Kleine Zalze raak kunstig met haar wit tekkies en van die span se balle.

Van die 120 wyne wat deelnemers kon proe, was 100 van oorsee en 20 plaaslik, maar dit was gou duidelik dat ons patrioties Suid-Afrikaans is, want die plaaslike wyne was eerste opgedrink! Die style was ook lekker uiteenlopend en het gehoute, ongehoute, verouderde en jonger wyne ingesluit. Die oorsese wyne het van Oostenryk, Frankyk en Italië gekom en die diversiteit van Sauvignon Blanc goed vertoon.

Wyne van Oostenryk, Italië en Frankryk is ook geproe

Tussen die gesels en gespeel deur, kon deelnemers aan roosterkoek met konfyt en kaas, of biltong of snoekpatee; braaibroodjies en worsrolletjies smul.

Die dag was net soveel meer pret met ‘n glas van jou gunsteling Sauvignon Blanc.
Watter lekkerte was roosterkoek met biltong of kaas en konfyt of snoekpatee nie!

Daar was altesaam 24 wynprodusente wat in die 24 spanne opgedeel is. Een van die bekende gaste wat deel van die prettige dag was, is Anzél Rabie van die gewilde televisieprogram, “Anzél in die Boland”.

Altesaam 24 wynprodusente het aan die dag deelgeneem. Van links is Terence Capes van Journey’s End, Ernst Kleynhans van Laffort, Yolande van Staden van Le Grand Domaine en Wade Rodger Lund, keldermeester van Meerendal.

RJ Botha, voorsitter van die Sauvignon Blanc SA-vereniging en keldermeester by Kleine Zalze Wyne en Anzél Rabie van die gewilde televisieprogram, “Anzél in die Boland”.

Die gewildheid van Sauvignon Blanc kan nie betwyfel word nie. Van die totale wingerd-oppervlakte van 87 848 ha is 55% wit en 45% rooi druiwe; waarvan Sauvignon blanc 10 028 ha (11.4% van alle kultivars) beslaan.

Sauvignon blanc het met 7.6% gegroei, ten spyte van die feit totale aangeplante oppervlakte oor 10 jaar met 11.9% gedaal het. Aanplantings van dié kultivar het die afgelope jaar ook met 41 ha toegeneem. Die binnelandse verbruik het ook van 14481484,18 liter tot 15321441,76 van 2022 tot 2023 toegeneem.

Al meer wynliefhebbers ontdek ook die veelsydigheid van die druif en veral gehoute, en verouderde Sauvignon Blanc. Die hele idee dat net rooiwyne beter smaak met veroudering, is vinnig besig om te verdwyn en die verouderingspotensiaal van witwyne, soos Sauvignon Blanc is nou ‘n lekker besprekingspunt.

Maar ‘n rolbaldag om ‘n internasionale wyndag te gedenk, is nie al waarmee die Sauvignon Blanc SA-span besig is nie.

Die FNB Sauvignon Blanc SA Top 10 kompetisie se inskrywings open op 25 Junie; die beoordeling word van 27-29 Augustus gedoen en die #SauvignonBlancSA Gholfdag word op 30 Augustus by die Stellenbosch Gholfklub gehou.

Die wenners van die FNB Sauvignon Blanc SA Top 10-toekennings vir 2024 word op 16 Oktober aangekondig.

Lees ook: Wynproe en stap: Die nuutste ervaring by Blaauwklippen

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Rolene Strauss deel haar storie oor MIV

Na die geboorte van haar eerste seun in 2017, het sy haar mediese studies voltooi…

4 hours Gelede

“Mamma, jy speel nooit saam met my nie!” Hoekom speeltyd so belangrik is

Deur Tanya de Vente-Bijker “Mamma, kan jy asseblief kom speel? Asseblief, net ʼn rukkie? Jy…

6 hours Gelede

Basiese kragsoppe

Ons Suid-Afrikaners hou van lekker vleiserige kragsoppe of “broths”, soos die Engelse dit noem. Dié…

9 hours Gelede

Die twee kante van Luan Jacobs in ‘Diepe waters’

Vertel ons meer van jou karakter. Ek vertolk die rol van Damian. Hy is ’n…

10 hours Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Binnelanders-nuweling, Deoudoné van der Merwe

Jy kan dalk dink Deoudoné van der Merwe se TV-loopbaan het laas jaar met ’n…

3 days Gelede

Verruklike winterpizza

Verruklike winterpizza met gekaramelliseerde uitjies, crème fraîche, orego en tiemie. Resep deur Vickie de Beer

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.