kategorieë: Ons menseBekendes

Willem Botha se nuwe liedjie kry die partytjie aan die gang

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }


Veelsydigheid is Willem se middelnaam, maar musiek bly sy passie. Hierdie enkelsnit is sy eerste
vrystelling sedert sy album, ‘n Liefde Soos Die, wat net voor die Covid inperking uitgereik is waarvan die titelsnit saam met Tarryn Lamb ‘n reuse sukses was.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

2010 is ‘n vars, energieke liedjie geskryf deur Willem, Hugo Ludik en Nick Jordaan. Dit is die perfekte sokkie-kuier liedjie wat nostalgies terugkyk na treffers wat teen 2010 groot was. Met treffers soos Hokaai, Stop Die Lorrie, Kaptein, Soen My Nie Meer Nie, Baby Tjoklits en meer, het 2010 ‘n koor wat jou dadelik sal wil laat opstaan en dans.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }


Die musiekvideo vir 2010 is vervaardig deur die talentvolle Gerduan Kemp en spog met ‘n ensemble van
bekendes insluitend sangeres – Karlien van Jaarsveld, aktrise – Reandi Grey van Diepe Waters-faam, Mej.
Supranational 2021 – Chanique Rabe asook Katja Pieters van Op My Eish. Die video is opgeneem buite Pretoria en beloof om breë glimlagte te ontlok en jou voete behoorlik te laat jeuk om te dans.


Met sy ongelooflike sukses met sy grimeerreeks, Willem Botha Beauty, het Willem die afgelope twee jaar sy fokus daarop gesit, maar nou is die tyd weer daar vir musiek, en sy aanhangers kan nie wag om die nuwe enkelsnit te hoor nie.


2010 is ‘n ligte, partytjie-liedjie en ‘n absolute moet vir enige naweek speellys. Luisteraars kan die
enkelsnit nou op alle gewilde stromingsdienste kry.

Lees ook: Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Nicole en Hennie Bosman oor ‘Wanderlus’ se jongste seisoen

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Rolene Strauss deel haar storie oor MIV

Na die geboorte van haar eerste seun in 2017, het sy haar mediese studies voltooi…

5 hours Gelede

“Mamma, jy speel nooit saam met my nie!” Hoekom speeltyd so belangrik is

Deur Tanya de Vente-Bijker “Mamma, kan jy asseblief kom speel? Asseblief, net ʼn rukkie? Jy…

7 hours Gelede

Basiese kragsoppe

Ons Suid-Afrikaners hou van lekker vleiserige kragsoppe of “broths”, soos die Engelse dit noem. Dié…

10 hours Gelede

Die twee kante van Luan Jacobs in ‘Diepe waters’

Vertel ons meer van jou karakter. Ek vertolk die rol van Damian. Hy is ’n…

11 hours Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Binnelanders-nuweling, Deoudoné van der Merwe

Jy kan dalk dink Deoudoné van der Merwe se TV-loopbaan het laas jaar met ’n…

3 days Gelede

Verruklike winterpizza

Verruklike winterpizza met gekaramelliseerde uitjies, crème fraîche, orego en tiemie. Resep deur Vickie de Beer

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.