kategorieë: Leef gesondGesondheid

3 belangrike keuses oor die tepeltatoe ná borskanker

’n Tepeltatoe is waarskynlik een van die laaste dinge waaraan jy dink. Maar dalk moet jy juis vooraf daaroor oplees en jou huiswerk doen oor die verskeie opsies vir tepelherstel, want party van jou keuses kan jou beperk.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Dit is moeilik want die inligting is oorweldigend. Eers kry jy die skok van kanker, dan kom die vloed inligting en opsies: Watter soort kanker het jy? Watter behandeling: chemo, herseptien of bestraling? Mastektomie? Met of sonder rekonstruksie? Genetiese toetsing of weefseltoetse? Hoe wil jy lyk daarna? Wat betaal jy en wat betaal die mediese fonds?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die probleem is dat jy nie weet wat jy wil hê nie. Daar is ’n dosyn opsies, elkeen met ’n warboel van implikasies. Soos wat jy ’n olifant happie vir happie eet, is dit ook die beste om jou vrae oor borskanker in kassies te deel en een vir een uit te sorteer. Hierdie ‘happie’ gaan oor tepels: wat is jou opsies?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

’n Bietjie perspektief, om mee te begin

• Jou tepels – een of albei – kan in die slag bly.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

• As net een bors geopereer of verwyder word, gaan die tepels daarna waarskynlik in vorm en/of posisie verskil.

• As jou tepels (een of albei) verwyder word, moet jy vooraf sekere keuses maak aangesien party opsies mekaar uitsluit.

• Jou dokter kan jou dikwels vooraf ’n goeie indikasie gee of jou tepels behoue gaan bly. Maar soms sien hy eers in die teater wat die omvang van die chirurgie is – en moet hy noodgedwonge aanpas en wel jou tepel/s verwyder. Die beste is om ’n Plan A, B en selfs C vooraf met hom uit te klaar, sodat hy weet wat jou tweede keuse sou gewees het.

• Maak seker dat jy en die dokter dieselfde bedoel as julle van tepels praat. Dokters onderskei gewoonlik baie duidelik tussen die tepel (punt) en die areola (die gekleurde deel rondom die tepel self). As vroue egter na tepels verwys, bedoel hulle die tepel met die areola ingesluit.

As jy jou tepels verloor

Onthou, dit gaan daaroor om jou lewe te red. Mooimaak kom tweede. Maar dit beteken nie dat jy nooit weer mooi tepels met areolas kan hê nie. Dokters kan tepels baie goed naboots en skep. Areolas is egter baie moeiliker om chirurgies te herskep. Hiervoor is tatoeëring uitstekend – maar spesifiek mediese dermapigmentasie en nie kosmetiese of gewone tatoes nie.

’n Vaardige dermapigmenttegnoloog skep ongelooflike drie-dimensionele areolas met mediese tatoeëring, of dermapigmentasie soos mens dit meer korrek noem. Hulle kan ook ’n tepel inkleur en so meer natuurlik laat lyk.

Al kwessie is dat jy vooraf moet besluit oor die soort areola wat jy uiteindelik wil hê: ’n chirurgiese of ’n getatoeëerde areola? Die twee sluit mekaar nie uit nie, maar ’n chirurgiese areola bemoeilik ’n getatoëerde areola omdat dit die pigmenttegnikus beperk.

1 Behou jou tepels na borskanker

Afhangende van jou soort borskanker kan jou chirurg jou tepels en areola behou. Basies word die tepels uitgesny, die nodige chirurgie gedoen en die tepels terug geplaas.

Voordele

Na rekonstruksie lyk dit net soos tevore – eerste keuse vir ons almal.

Nadele

Soms ontstaan komplikasies en vestig die tepel nie. Dit gebeur egter selde. Jy het dan geen tepel of areola nie.

2 Herskep tepels en areolas met chirurgie

As jou tepels nie behoue kan bly nie, kan jou chirurg vir jou nuwe tepels skep. Verskeie tegnieke is beskikbaar. Basies word ’n bietjie vel bymekaar getrek en vasgewerk, sodat jy ’n klein, knoppie vir ’n tepel kry.

Party dokters sal ook vir jou ’n areola skep. Dit is moeilik om natuurlik te laat lyk. Jou oorspronklike areola is donkerder, en jou dokter moet van iewers op jou vel donkerder vel kry hiervoor. ’n Gewilde opsie is om ’n bietjie voetsool- of kopvel te gebruik. Maar hierdie tipe vel is hard en voel skurwerig. As die chirurg slegs aan een bors werk, kan hy soms van die ander bors ’n bietjie areola-vel ‘leen’ en so rondom elke tepel ’n klein areola skep.

Die chirurgie word dikwels in twee stappe gedoen: die kankerchirurgie word eers afgehandel  – die borste word dus eers ‘heel’ gemaak. Maande daarna, wanneer jy gereed en gesond is, word die borste ‘mooi’ gemaak, met rekonstruktiewe chirurgie. Die tepel en/of areola word nou eers geskep.

Voordele

• Jy word na die operasie met ’n nuwe tepel en areola wakker. Dit kan beter voel as om geen tepel of areola te hê nie.

Nadele

• ’n Chirurgiese areola beteken dat jy ’n veloorplanting as bykomende operasie nodig het. Dit is duurder, en beteken ’n tweede wond wat ook versorg moet word. En jy sit met nóg ’n letsel.

• Moenie ’n perfekte tepel en veral areola verwag nie. Onthou, die tepel en areola gaan baie anders lyk as vantevore en selfs ‘lelik’ wees. Veral areolas kan vreemd lyk, omdat hulle opvallend is in vergelyking met die tepel.

• As daar net aan een bors gewerk word, sal hierdie tepel en areola waarskynlik baie verskil van die ander bors s’n. Die nuwe tepel en areola kan hoër of laer as jou ander tepel sit. Dit is nie altyd moontlik om die operasie so te doen dat die tepels eenders geplaas word nie.

• As die chirurgiese areola/s verskil, kan ’n dermapigmenttegnikus hulle so eenders as moontlik probeer kry, maar dit is moeilik omdat die chirurgiese areola reeds in plek is en nie geskuif kan word nie.

3 Herskep tepels sonder areolas, opgevolg deur tepeltattoes

Jou chirurg herskep net ’n tepel – sonder ’n areola.

Voordele

• As jy net ’n tepel het, is dit maklik om ’n volledige nuwe areola daarom te skep met mediese ink.

• As die twee tepels nie ewe hoog sit nie, is dit maklik om die areolas so te plaas dat dit lyk asof die tepels ewe hoog sit.

• Die vel van ’n getattoëerde areola voel normaal, net soos jou oorspronklike areola, terwyl sool- en kopvel skurf voel.

• Jy spaar die koste verbonde aan ekstra chirurgie vir die skep van ’n areola.

Nadele

• Jy moet vir eers met ’n onnatuurlike voorkoms saamleef en wag tot alles genees voor jy dermapigmentasie aanpak.

As jy ’n tepeltatoe verkies

• Bespreek vooraf met jou chirurg dat hy net die tepel gaan rekonstrueer, sonder plastiese chirurgie vir ’n areola.

• Onthou dat die tatoe eers gedoen word na alle behandeling voltooi is en die vel gesond en heel is. Dermapigmentasie kan reeds drie maande na jou laaste terapie gedoen word, sodra die vel gesond is. Jy kan dit ook jare later laat doen – dit is nooit te laat vir dermapigmentasie nie.

• Kies jou dermapigmenttegnoloog versigtig – kyk na hul werk en vra watter opleiding hulle het.

• Maak veral seker dat hulle mediese graad-ink gebruik.

• Die werk word oor ’n paar weke gedoen: jy begin met ’n afspraak om die tatoe te beplan.

• Daarna volg die tatoëersessie.

• Dit kan ’n week of twee neem om heeltemal te genees. Aanvanklik sal die vel rooi en effe ongemaklik wees.

• Na sowat drie weke sal jy die werklike effek sien.

• Laastens volg die laaste sessie waar die finale afronding gedoen word, as dit nodig is.

Deel
Gepubliseer deur
Salome Delport

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

4 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

4 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

4 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

4 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

4 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.