3 mites oor drank wat jy nie moet glo nie deur Salomé Delport
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Die feestyd is om die draai en ons neig om ’n bietjie meer as gewoonlik te drink. Hier is drie mites oor alkohol wat jy nie moet glo nie.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
’n Groter drankkapasiteit behoort die rooi ligte te laat flikker.
Dit beteken jou liggaam het al so gewoond geraak aan drank dat jy al meer nodig het om iets te “voel”.
Jy is al afhanklik, sonder dat jy dit besef.
Lees ook: Wat met jou liggaam gebeur as jy ophou drink …
Jou lewer breek drank teen ’n vasgestelde tempo af: twee uur per enkele bier en drie uur per glasie wyn of sopie sterk drank.
’n Dubbeldrankie verdubbel ongelukkig nie die afbreekpas nie.
Jy gaan wegkom met twee glasie deur hulle gou voor ete tegelyk af te sluk nie: dit gaan ses uur neem voor die effek van hul alkohol op jou brein uitgewerk is. Net mooi niks kan dit versnel nie.
Jy word dronk in ooreenstemming met die hoeveelheid etanol (die chemiese naam vir die soort alkohol in drank) wat jy inneem.
Die verskillende soorte drank word gewoonlik geskink in glase wat meebring dat elke soort glas jou omtrent dieselfde hoeveelheid etanol per drankie verskaf. Daarom kom bier, wat min alkohol bevat, in bierbekers terwyl brandewyn, wat baie hoog in alkohol is, in piepklien sopieglasies geskink word.
Lees ook: Die lekkerste mengeldrankies vir die somer
“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Hierdie webwerf gebruik koekies.