kategorieë: Ons menseBekendes

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met musieklegende Jannie du Toit

Vanjaar is hy vir sy blywende nalatenskap vereer: Hy het by die onlangse Aitsa Afrikaanse Musiektoekennings in Pretoria die toekenning vir sy lewenslange bydrae tot die plaaslike musiekbedryf ontvang.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Du Toit, wat sy eerste professionele verhoogoptrede in 1971 gehad het en in 1979 bekendheid verwerf het, sê oor hierdie besonderse toekenning: “Wat ’n eer en aanmoediging vir die pad vorentoe.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Foto: Carolyn Gregorowski Photography
Foto: Carolyn Gregorowski Photography

En inderdaad word sy reis met ’n reeks opwindende hoogtepunte op sy kalender vir die res van die jaar voortgesit.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Op 24 September doen hy ’n baie spesiale Erfenisdagkonsert, getiteld Die Musiek van Jannie en Christa, saam met die FAK Jeugsimfonie-orkes by die Voortrekkermonument se Heldesaal.

Dan, op 4 en 5 Oktober, gaan Jannie gehore by Aardklop met sy splinternuwe vertoning, “Margaretastraat”, boei.

Aanhangers sal teruggeneem word na die legendariese liedjie-aande van 1981/82 wat by sy huis in Margaretastraat 28 in Pretoria gehou is, onder begeleiding van sy pianis van die afgelope tien jaar – die begaafde Chanie Jonker. Hierdie optrede beloof om die ikoniese era van “Musiek en liriek” te laat herleef. Nie net gesels hy oor daardie ikoniese tydperk vanaf die einde van die jare sewentig nie, hy kleur ook die verhaal in met die treffermusiek van kunstenaars soos Koos Doep, Lucas Maree, Coenie de Villiers, Anneli van Rooyen, Janita Claassen en Marietjie Stoop.

Van 7 tot 15 Oktober 2023, tydens die Toyota US Woordfees in Stellenbosch, bring hy hulde aan sy jarelange vriendin, Marie Tredoux, met die verhoogproduksie, Die maan deur ’n gaatjie in die nag.

Marie Tredoux, ’n Jacobsbaai-legende, wat onlangs haar 94 verjaardag gevier het, skryf steeds liedjies. Sy is veral bekend vir die aangrypende Jacobsbaai se Aandlied wat in die nuwe FAK- sangbundel opgeneem is en Mis oor Jacobsbaai wat deur Laurika Rauch opgeneem is. Met die hulp van Jannie du Toit en Dana Snyman, ’n oud-inwoner van Jacobsbaai en Marie se vriendin, sal haar merkwaardige werk die middelpunt vorm en die gehoor se harte boei.

Karlien Meiring het meer oor sy diep spore in die plaaslike musiekbedryf gaan uitvind.

Jou splinternuwe produksie, “Margaretastraat”, gaan legendariese musiek uit die laat jare sewentig herleef. Wat het jou geïnspireer om hierdie ikoniese tydperk te herskep?

My vriend Coenie wil al lankal hê ek moet dit doen omdat die Liedjie-aande so ’n belangrike komponent van die “Musiek en liriek”-era was. Omdat ek die een persoon is, wat die hele verhaal van begin tot einde kan vertel, en omdat ek die waarde daarvan nou nog beter verstaan as wat ek destyds het, was dit vir my nou die aangewese tyd.

Wat motiveer jou om steeds ná al die jare gehore met jou musiek en talent te betower?

Die wonderlike gawes van taal en musiek wat my van kleins af aangryp en inspireer.

Wat was van die onvergeetlikste oomblikke en mylpale in jou loopbaan?

Onregverdige vraag. Die totstandkoming van ons folk-groep Trilogie in die vroeë sewentigerjare, my aanstelling by Tukkies in 1981 om musiekblyspele te skryf en die voorstel van oom Michal Grobbelaar van die Johannesburgse Stadskouburg om saam met Christa Steyn te begin werk. Dié samewerking het 25 jaar geduur. Dan ook ’n uitnodiging om tien jaar gelede by ’n kitaarfees op die Volga in Rusland te gaan optree, tien geseënde jare met ’n tiental nuwe produksies en albums wat gevolg het op Christa se afsterwe, my huwelik in 2018 met Therina vir wie ek my mooiste liefdesliedjie “Jy kyk sag”, geskryf het … En nog so ’n klompie ander wonderlike oomblikke.

Foto: Carolyn Gregorowski Photography

As jy met enige kunstenaar, lewend of dood kon saamwerk, wie sou dit wees?

Behalwe dié waarmee ek reeds saamgewerk het, Mynie Grové.

Wat is die mees ongewone of onverwagte plek waar jy inspirasie vir ’n liedjie gekry het?

Die vendusiekrale op Rouxville, waar ek ’n paar jaar gelede opgetree het – sulke plekke het aanleiding tot my liedjie “Vat die pad” gegee.

Foto: Carolyn Gregorowski Photography

Lees ook: Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Joshua na die Reën – oor sy nuwe album

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Is dit hoekom jy maagpyn het?

Waar pyn jou maag? Die presiese plek waar jy die pyn ervaar, kan aandui wat…

17 hours Gelede

Hoe om jou dogter groot te maak om sterk en vol selfvertroue te wees

In ons moderne wêreld, waar die uiterlike voorkoms blyk om al hoe belangriker te word,…

17 hours Gelede

Sauvignon Blanc Dag op prettige manier gevier

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts Dis hoe die Suid-Afrikaanse wynbedryf die afgelope naweek Internasionale…

17 hours Gelede

Willem Botha se nuwe liedjie kry die partytjie aan die gang

Veelsydigheid is Willem se middelnaam, maar musiek bly sy passie. Hierdie enkelsnit is sy eerstevrystelling…

18 hours Gelede

Lemoen-ontbytkoekies

Die koekies is heerlik klam en maklik om te maak. Jy kan hulle sonder die…

20 hours Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Nicole en Hennie Bosman oor ‘Wanderlus’ se jongste seisoen

Hennie en Nicole Bosman van Franschhoek, ’n paartjie wie se daaglikse lewe uit die see,…

21 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.