kategorieë: Ons menseBekendes

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Nicole en Hennie Bosman oor ‘Wanderlus’ se jongste seisoen

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Hennie en Nicole Bosman van Franschhoek, ’n paartjie wie se daaglikse lewe uit die see, kosmaak, spesiale tyd met hul twee hondekinders en lekker musiek bestaan, is terug met nog ’n seisoen van kykNET se gewilde reisprogram Wanderlus, waar kykers die geleentheid kry om op ’n eksklusiewe reis saam met dié avontuurlustige paartjie te gaan.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

In Wanderlus se jongste seisoen toer die dinamiese duo weer die land plat op soek na ongerepte bestemmings en maak hulle eenvoudige seekosdisse met bestanddele wat vir almal maklik verkrygbaar is. Elke episode ontvou boonop soos ’n liefdesbrief aan die skoonheid van Suid-Afrika.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

“Ons hoop die program gee kykers ’n gevoel van vryheid en die drang om te toer en ontdek,” vertel hulle

Hennie het destyds vir Nicole vir hul eerste romantiese afspraak na ’n dam geneem om vis te vang. Nicole was duidelik beïndruk, want nou is dié paartjie al amper drie jaar getroud en steeds besig om epiese avonture saam aan te pak!

Lees ook: Wynproe en stap: Die nuutste ervaring by Blaauwklippen

Met Hennie se onversadigbare passie vir die see en Nicole se aanvoeling vir kulinêre kreatiwiteit, oortref hul avonture die gewone, maar kykers word steeds daaraan herinner dat die grootste avonture dikwels gevind word in die geselskap van diegene om ons.

“As mense my vra wat ek die meeste van die program geniet, is dit vir seker die feit dat ek dit saam met my vrou kan doen. Dis ook lekker om elke dag nuwe mense van alle nasionaliteite en kulture met unieke persoonlikhede, van regoor die wêreld en Suid-Afrika te ontmoet en nuwe vriende so te maak. Die idee is om altyd ’n goeie impak te maak sodat hulle vir jou wil kom kuier of kontak hou, dis baie spesiaal,” vertel Hennie.

Karlien Meiring het meer oor Nicole en Hennie se avonture gaan uitvind.

Ons geheim om dit te geniet terwyl ons saamreis, is om altyd oop te wees vir mekaar se idees. Kommunikasie is die sleutel, veral wanneer ons verskeie uitdagings op die pad teëkom. Ons geniet dit ook om nuwe dinge saam te ontdek en te leer, wat ons band nog verder versterk.

Vat dit stap vir stap aan die begin. Jy hoef nie altyd groot avonture aan te pak nie, maak die besluit en begin êrens – selfs klein ontdekkings in en om die pot naby jou tuisdorp kan ’n groot impak hê. Wees ook bereid om uit jou gemaksone te beweeg en nuwe dinge te probeer, of dit nou kos, kulturele ervaringe of aktiwiteite is.

Kykers kan in die nuwe seisoen uitsien na ’n paar unieke ervarings, soos eksperimente met plaaslike en tradisionele geregte, maar met ’n verandering of twee. Daar is ook ’n fokus op gesonde, voedsame kos wat pas by die omgewing waar ons reis. En natuurlik is Hennie steeds voluit besig om met sy seekosdisse te eksperimenteer.

Daar is so baie opwindende goed wat ons gedoen het, dis moeilik om te kies! Die topdrie sover was: Ons lugballonrit oor die Drakensberge; toe ons in Umkomaas saam met haaie geduik het en ons ongelooflike ervaring in Zimbabwe by die Victoria Falls – dit was ’n eerste vir ons!

Silwer – Spoegwolf

Tassie Pak – Tino

Awe – Vrede

Wanderlus word op Saterdae, 19:30 op kykNET, DStv-kanaal 144, uitgesaai.

Lees ook: Roeline geniet dit vreeslik om “mevrou dominee” in Diepe waters te speel

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Rolene Strauss deel haar storie oor MIV

Na die geboorte van haar eerste seun in 2017, het sy haar mediese studies voltooi…

7 hours Gelede

“Mamma, jy speel nooit saam met my nie!” Hoekom speeltyd so belangrik is

Deur Tanya de Vente-Bijker “Mamma, kan jy asseblief kom speel? Asseblief, net ʼn rukkie? Jy…

9 hours Gelede

Basiese kragsoppe

Ons Suid-Afrikaners hou van lekker vleiserige kragsoppe of “broths”, soos die Engelse dit noem. Dié…

12 hours Gelede

Die twee kante van Luan Jacobs in ‘Diepe waters’

Vertel ons meer van jou karakter. Ek vertolk die rol van Damian. Hy is ’n…

13 hours Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Binnelanders-nuweling, Deoudoné van der Merwe

Jy kan dalk dink Deoudoné van der Merwe se TV-loopbaan het laas jaar met ’n…

3 days Gelede

Verruklike winterpizza

Verruklike winterpizza met gekaramelliseerde uitjies, crème fraîche, orego en tiemie. Resep deur Vickie de Beer

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.