kategorieë: Ons menseBekendes

Roeline geniet dit vreeslik om “mevrou dominee” in Diepe waters te speel

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Roeline Daneel, bekend vir haar rolle in Fraksie, Binnelanders en Fynskrif en die wenner van die beste aktrise in ’n kortfilm vir As by verlede jaar se Silwerskermfees, maak ’n draai in Diepe waters waarin sy die rol van die preutse predikantsvrou Ria speel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Gemeentes se dalende getalle is ’n kwessie waarmee verskeie kerke sit, en dit word vandeesweek in Diepe waters aangespreek wanneer Sanet (Nadia Valvekens) en haar predikant-verloofde Ben (Eric Bouwer) uitvind dat hulle gemeente, Boskruin, en ’n buurgemeente, Môreson, moet saamsmelt. Sanet, wat baie gretig is om die rol van “mevrou dominee” vol te staan, nooi die predikantspaar van Môreson vir ete, maar sy besef vinnig die ander “mevrou dominee” gaan nie sommer haar rol en hulle gemeente opgee nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Ria se man, Izak, gespeel deur Francois Coetzee, is die predikant by Môreson. Haar en Sanet se paaie kruis wanneer hulle beide moet veg vir die voortbestaan van hul onderskeie gemeentes en die loopbane van die mans in hulle lewens. Ria kom as redelik hardvogtig en koud voor, maar agter die skanse skuil ’n vrou en ma wat lief is vir haar naastes en ’n paar geheime van haar eie het.

Ek is mal oor die rol! Ek het my doodgelag vir die oorlog tussen Ria en Sanet en die vieslike goed wat hulle mekaar toesnou terwyl hulle met teekoppies in die hand sit. Alles omtrent Ria is effens in die oortreffende trap. So, ek kon my teateragtergrond lekker gebuik om haar in te kleur.

Nie regtig nie. Mens berei so deeglik moontlik voor, probeer die karakter so goed moontlik verstaan, en aan die einde hoop jy dit kom oor. Daar is natuurlik stilistiese verskille tussen die verskeie genres, maar die kern bly dieselfde.

Dis die eerste keer wat ek en Nadia op ’n TV-stel ontmoet, ja. Dit was so ’n voorreg om teenoor so ’n professionele aktrise te speel. Sy het hárd gewerk in die tyd wat ek daar was en het nooit ’n haar of ’n woord uit plek gehad nie. Mens kan sien sy is TV-fiks! Ons het tussen tonele ook vreeslik lekker gelag en gesels.

Ek vind nog my voete ná die geboorte van my tweede kind, Jan, einde verlede jaar. [Roeline en haar man, Werner Lotz, is ook ouers van die vierjarige Alexa.] Ek het al ’n paar klein TV- en filmrolle gehad en werk tans aan ’n radiodrama.

Lees ook: Kristen Raath oor haar snaaksste en vernederendste oomblik op die stel van Wyfie

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Rolene Strauss deel haar storie oor MIV

Na die geboorte van haar eerste seun in 2017, het sy haar mediese studies voltooi…

7 hours Gelede

“Mamma, jy speel nooit saam met my nie!” Hoekom speeltyd so belangrik is

Deur Tanya de Vente-Bijker “Mamma, kan jy asseblief kom speel? Asseblief, net ʼn rukkie? Jy…

9 hours Gelede

Basiese kragsoppe

Ons Suid-Afrikaners hou van lekker vleiserige kragsoppe of “broths”, soos die Engelse dit noem. Dié…

12 hours Gelede

Die twee kante van Luan Jacobs in ‘Diepe waters’

Vertel ons meer van jou karakter. Ek vertolk die rol van Damian. Hy is ’n…

13 hours Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Binnelanders-nuweling, Deoudoné van der Merwe

Jy kan dalk dink Deoudoné van der Merwe se TV-loopbaan het laas jaar met ’n…

3 days Gelede

Verruklike winterpizza

Verruklike winterpizza met gekaramelliseerde uitjies, crème fraîche, orego en tiemie. Resep deur Vickie de Beer

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.