kategorieë: OuerskapJou lewe

Hoe gedrukte foto’s jou kind se waarde bevestig

Hoe gedrukte foto’s jou kind se waarde bevestig versorg deur Mariette Snyman. Foto’s Pexels

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

“Gedrukte foto’s prikkel kosbare herinneringe, dra by tot ’n sin vir identiteit en help om gesinsbande te versterk. ’n Kind of jongmens wat nie voel dat hulle iewers tuishoort nie, is meer vatbaar vir groepsdruk, veral tydens moeiliker lewensfases. Dis maklik om ’n verskeidenheid gesins- en familiefoto’s in julle huis uit te stal.” Só sê die Britse kinderontwikkelingskenner en gesinsielkundige, dr. Amanda Gummer.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Dr. Gummer het onlangs met Canon saamgewerk om vas te stel watter sielkundige en fisieke uitwerking fotografie en foto’s op gesinsbande en die onthou van sleuteloomblikke in ons lewens het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

“Ons leef in die digitale eeu, en mense neem meer foto’s as ooit tevore. Tog is dit belangrik dat gesinne besef dat foto’s ’n rol speel buite die reikwydte van sosiale media. Die emosionele waarde van ’n gedrukte foto weeg baie swaarder as dié van ’n digitale beeld; dit bring mense nader aan mekaar.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Só stal jy gedrukte foto’s die beste uit

1. Stal gesinsfoto’s uit waar almal hulle kan sien

Plaas gesinsfoto’s waar almal hulle elke dag kan sien, sonder om ’n selfoon, rekenaar of ander toerusting hoef aan te skakel en af te blaai tot hulle die foto’s kry. Foto’s stel veral kinders gerus dat gesinslede vir mekaar belangrik is. Foto’s op ’n kind se boekrak in die slaapkamer is sigbaar soggens wanneer hulle wakker word, en saans voor hulle gaan slaap. Dit bevestig dat hulle liefgehê word.

Lees ook: Raam jou foto’s: slim maniere om jou foto’s uit te stal

2. Moedig kinders aan om hulself in ’n foto te identifiseer

Volgens navorsingsresultate is meer van ons breinselle aan visie toegewy as aan al ons ander sintuie saam. Dit maak van fotografie ’n baie kragtige medium. Laat jou kind hom- of haarself uitwys aan iemand wat nie op ’n foto is nie. Dié vorm van geheuestimulus help om hul identiteit te bou en eiewaarde te versterk namate hulle ouer word.

3. Neem foto’s van alledaagse oomblikke, nie net van mylpale nie

Foto’s van belangrike lewensgebeure en pret saam met die gesin speel ’n sleutelrol in die vorming van ’n kind se ontwikkeling en geheuebank, maar moenie net foto’s van groot geleenthede soos verjaardae of huweliksbevestigings vasvang nie. Kleiner gebeure soos ’n gesinspiekniek dra ook by tot ’n kind se geborgenheid.

4. Gebruik foto’s om jou kind se verbeelding aan te vuur

Voorskoolse kinders leer om die verband tussen foto’s en werklike plekke en voorwerpe raak te sien. Gedrukte foto’s werk goed omdat kinders hulle kan aanraak terwyl hulle daaroor gesels. ’n Foto van die park naby jul huis kan herinneringe aan jou kind se eerste fiets of ure op die swaaie prikkel. Sit een maal per maand ’n tydjie opsy om fisieke foto’s saam deur te gaan, en laat jou kind die storie agter elke foto vertel.

5. Vier die verlede met ‘n “lewenstorieboek”

’n “Life story book” kan met die hulp van ’n plakboek of fotoalbum geskep word, en behoort foto’s en inligting oor die familiegeskiedenis of belangrike lewensfases in te sluit. Wanneer kinders hul herinneringe verloor of verwar, kan dit negatief op hul identiteit of eiewaarde inwerk. ’n Lewenstorieboek hou die verlede vars en help kinders sin maak daarvan.

Die top tien foto’s wat elke gesin moet uitstal

1. ’n Spontane foto

Foto’s wat in onbewaakte oomblikke geneem is, weerspieël iemand se persoonlikheid die beste. Dink maar aan ’n energieke kleuter wat rondhardloop! Dit help kinders om die uniekheid van die verskillende mense om hulle te waardeer.

2. ’n Babafoto

Kinders kyk graag na babafoto’s van hulself – dit gee hul sin vir identiteit ’n hupstoot.

3. ’n Gesinsfoto

Gesinsfoto’s herinner die kind aan hul waarde en plek in die gesinseenheid.

4. ’n Span- of klubfoto

’n Foto van ’n sportspan of klas help ’n kind om deel van die groep te voel, en verhoog hul selfvertroue.

5. ’n Alledaagse foto

’n Foto van aktiwiteite soos om met die honde te gaan stap of Ma te help tuinmaak, bevestig ’n kind se roetine en langtermynherinneringe.

6. ’n Foto van ’n spesiale uitstappie

’n Foto van ’n besoek aan ’n plaas of die see verskaf ervarings waaroor kinders kan praat en wat hulle met familielede kan deel.

7. ’n Foto van ’n troeteldier

Alle gesinslede kan spesiale bande met ‘n troeteldier hê – hulle vorm ’n belangrike deel van die gesin.

Lees ook: Donderstorms, vuurwerke en jou troeteldier

8. ’n Foto met Mamma

Ma’s staan dikwels agter die kamera; stal ’n steelfoto uit instede van ’n selfie om hierdie besondere band te bevestig.

9. ’n Foto saam met Pappa

Sodra ’n baba gebore word, is dit gewoonlik Baba en Mamma wat op die foto’s verskyn. Pappa is net so belangrik!

10. ’n Foto van die uitgebreide familie

Moenie van grootouers, ooms, tannies, nefies en niggies vergeet nie – veral dié wat ’n kind nie dikwels te siene kry nie. Hulle vorm almal deel van sy of haar grootwordjare en identiteit.

Lees ook: Raam dit!

Die top vyf plekke om foto’s uit te stal

1. Die kombuis

Hier hoort foto’s van lekker vakansies en spesiale etes, soos Pa se vyftigste verjaardagete.

2. Die woonkamer

Hier hoort ’n verskeidenheid foto’s van die gesin se samesyn – en ook ’n galery van vriende wat ’n rol in die lewe van die kinders speel.

3. Die voorportaal

Skep ’n spesiale fotomuur wat gereeld opgedateer kan word, selfs maandeliks.

4. Die studeerkamer

Vir iemand wat van die huis af werk, kan foto’s ’n belangrike afleiding van werksdruk wees. Kies opbeurende foto’s soos vakansie- of ontspanningsfoto’s.

5.  Die kinderkamer

’n Kinderkamer moet kleurryk én kreatief wees. Laat jou kinders hul eie gunstelingsfoto’s uitsoek (dis die belangrikste) en stal dit kreatief uit op ’n rak of aanspeldbord.

Drukkers soos die Canon PIXMA TS8250 druk hoë kwaliteitfoto’s uit.

Meer inligting oor Amanda Gummer by www.fundamentallychildren.com/

Deel
Gepubliseer deur
Mariette Snyman

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

15 hours Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

20 hours Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

22 hours Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

24 hours Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 day Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.