kategorieë: Ons menseBekendes

Idris Elba is People se sexyste man van die jaar

Idris Elba is People se sexyste man van die jaar Hooffoto: Greatstock  / Camera Press

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die 46-jarige Britse akteur Idris Elba is pas aangewys as People Magazine se Sexiest Man Alive vir 2018!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Elba is bekend vir sy rolle in reekse soos The Wire en Luther, en films soos Mandela: Long Walk to Freedom, Thor, The Avengers en sy stem is te hoor in die animasie-film Finding Dory.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Elba is ook ’n platejoggie en rymkletser, professionele skopbokser én hy het sy eie klerereeks. Time Magazine het vir Elba in 2016 op hul lysie van die 100 mees invloedryke mense op aarde gehad. Hy is ’n pa van twee en is verloof aan die model Sabrina Dhowre.

Elba volg Blake Shelton, musikant (en Gwen Stefani se kêrel), wat laasjaar aangewys is People se sexyste man.  People het 33 jaar lank al hierdie lys, en Elba deel nou die titel van Sexiest Man Alive met bekendes soos Dwayne “The Rock” Johnson, Bradley Cooper, Denzel Washington, George Clooney, en Matthew McConaughey.  Terloops, McConaughey het aan People genoem dat hy wil hê Elba, wat sy medester in The Dark Tower is, hierdie jaar aangewys moet word as hul sexyste man op aarde. Oor dié benoeming het Elba glo gesê dat dit ’n verrassing was, maar dat dit beslis ook ’n “ego boost” is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Elba het op sy sosiale media-profiele genoem dat hy geëerd en baie dankbaar is vir die benoeming. Hy het sommer in dieselfde asem (goed, plasing) ook sy ondersteuners aangemoedig om te gaan stem, aangesien dit tans die middeltermynverkiesings in die VSA is.

Dié onthulling het gisteraand op The Tonight Show Starring Jimmy Fallon plaasgevind. Hy het reageer op die benoeming deur te sê dat hy baie gelukkig voel daaroor en dat sy ma baie trots op hom sal wees.

Loer hier na die video:

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

6 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

6 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

6 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

6 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

7 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

7 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.