kategorieë: Jou lewe

5 top versekeringswenke

Motorversekering, lewensdekking, huisversekering … Hoe weet ’n mens watter versekeringspolisse om te kry en wanneer om dit te kry? Meer nog, wat moet jy verseker en wat moet jy nie verseker nie? As jy soortgelyke vrae het, hou aan lees. Die versekeringsfoendi’s by Virseker het ’n klomp nuttige versekeringswenke wat jou lewe baie makliker gaan maak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Wat is versekering en hoekom het jy dit nodig?

Versekering is ’n ooreenkoms of kontrak, in die vorm van ’n polis, wat jy uitneem teen ’n fooi om jou finansieel teen skade te beskerm. Jy kry verskillende tipes versekeringspolisse om jou verskeie bates te dek. As jy byvoorbeeld ’n motorversekeringspolis het en jy beland in ’n ongeluk dan betaal die maatskappy by wie jy die polis uitgeneem het om die skade te herstel. Dit is relatief belangrik om dié klas van ding in plek hê, want ongelukke gebeur onverwags en kan soms baie duur raak. Daarom is dit ’n goeie idee om duur bates, soos karre, huise en juwele te verseker.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

5 topwenke

Dit was nou ’n baie vlugtige oorsig van wat versekering is, maar jy kry die prentjie. Ongelukkig gebeur slegte dinge met goeie mense en dus moet jy voorbereid wees indien rampe of skade jou ooit sou tref. Om dit makliker te maak vir jou om gemoedsrus te hê in tye van nood is hier ’n paar nuttige versekeringswenke.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Wat wil jy verseker?

Begin deur ’n lys van jou bates te maak. Dan kan jy noukeurig deur die lys werk en besluit wat verseker moet word en wat maklik vervang kan word. Dis tipies ’n goeie idee om jou voertuie en eiendom te verseker, maar dis nie al wat ’n mens kan verseker nie. Jy kan ook lewensversekering uitneem, asook dekking vir jou kosbare besittings wat saam met jou rondbeweeg. Dit is hoekom dit ’n goeie idee is om te lys dit wat jy wel wil verseker. Op hierdie manier kan jy baie makliker die polisse kry wat vir jou sal werk.

Stel ’n begroting op

Dis belangrik om te weet hoeveel geld jy bereid is om aan versekering elke maand (ja, dis meestal ’n maandelikse uitgawe) te bestee. Stel dus ’n begroting op. Om die meeste waarde vir jou geld te kry, is dit van kardinale belang om jou bates elke paar jaar te laat waardeer. As jy dit nie doen nie loop jy die risiko om onderverseker te wees, of om te veel aan jou polis te betaal. As jy weet wat die waarde is waarteen jy jou eiendom of motor moet laat beskerm, kan jy beter daarvoor begroot.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Vergelyk polisse

Daar is baie versekeraars daarbuite en dis altyd goed om pryse en polisse te vergelyk. Meer nog, die manier waarop jy bybetalings moet maak, al dan nie, verskil van versekeraar tot versekeraar. Dis goed om te weet wat verskeie polisse in gemeen het en wat verskil, want so kan jy dan ’n ingeligte besluit neem wanneer jy uiteindelik op ’n polis wat pas by wat jy kan bekostig en wat jy wil beskerm, besluit. Moenie skaam wees om met versekeringsmakelaars te gesels oor watter dienste hulle kan bied nie. Daar is geen reël wat sê jy moet versekering by die eerste versekeraar warmee jy gesels uitneem nie.

Kry lewensdekking

Dit is nooit te vroeg om ’n lewensversekeringspolis uit te neem nie, veral nie as jy afhanklikes of skuld het nie. Hierdie tipe versekering beskerm jou gesin as daar iets met jou sou gebeur. As jy en jou wederhelfte byvoorbeeld ’n eiendom saambesit en iets sou jou oorkom delg die lewendekking ’n gedeelte van die uitstaande skuld (of al die skuld, afhangend van wat die polisbewoording sê). Jy kan darem gerus wees in die wete dat jou gesin steeds ’n dak oor hul koppe sal hê, al kan jy nie meer vir hulle sorg nie.

Kry derdeparty-motorversekering

Hoewel daar einde laas jaar minder noodlottige ongelukke was as in vorige jare beteken dit nie dat motorongelukke in die nabye toekoms gaan verdwyn nie. En ’n ongeluk hoef nie dodelik te wees om skade aan jou kar te berokken nie. ’n Baie nuttige vorm van motorversekering is derdepartyversekering – dit beskerm ander motoriste se voertuie teen jou. As ’n ander motoris reken jy het ’n ongeluk veroorsaak en die persoon stel ’n eis teen jou in, behoort jou derdeparyyversekering daardie eis te dek.

Nog versekeringswenke

Vir meer versekeringswenke in Afrikaans, kontak gerus vir Virseker. Ons help graag om jou toekoms te verseker.

Bronne

https://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/minder-sterf-tot-dusver-op-sa-paaie/

https://www.grangeinsurance.com/tips/insurance-tips-millenials

https://www.forbes.com/advisor/life-insurance/best-tips-first-time-buyers/

https://www.iciciprulife.com/life-insurance/life-insurance-tips.html

https://www.clearrisk.com/risk-management-blog/25-quick-tips-to-improve-risk-management-0-0-0

Deel
Gepubliseer deur
Nelson Kalula

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

2 weeks Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.