kategorieë: Drankies

340 jaar van Suid-Afrikaanse brandewyn

Suid-Afrika se gunstelingdrankie, brandewyn, het in 2012 ’n baie spesiale herdenking gevier: 340 jaar van verruklike smaak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die eerste brandewyn wat in Suid-Afrika gemaak is, het twintig jaar ná die vestiging in 1652 van die VOC se nedersetting aan die Kaap onder Jan van Riebeeck, die lig gesien. Dit is aangeteken dat ’n kok aan boord van die skip De Pijl, wat in 1672 in Tafelbaai voor anker gelê het, die heel eerste brandewyn van Kaapse druiwe gemaak het. Al weet niemand meer wat is sy naam nie, het hy die brandewynbedryf in Suid-Afrika aan die gang gesit wat daartoe gelei het dat die gesogte drankie vandag wêreldwyd bekend is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Brandewynliefhebbers sal vertroud wees met die Van Ryn’s- distilleerdery se bekende twintig jaar oue brandewyn. Dié veelbekroonde potketelbrandewyn staan tans as die wêreld se beste brandewyn bekend danksy ’n toekenning van die Internasionale Wyn- en Drankkompetisie. Die brandewyn het ook al talle Veritas-toekennings losgeslaan.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die fluweelagtige twintig jaar oue brandewyn het geure van rosyntjies, pruimedante, speserye en okkerneute. En wat is ’n drankie sonder ’n heerlike kospasmaat? Dié brandewyn werk veral goed saam met ’n klam vrugtekoek propvol droëvrugte.

Van Ryn’s is op die oewer van die Eersterivier naby Stellenbosch geleë, sowat 40 minute se ry uit Kaapstad. Besoek www.vanryn.co.za vir meer inligting oor hul geurige brandewyne.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.