kategorieë: Gesondheid

4 geheime van gesonde vroue

Vier vinnige, maklike wenke om jou gesondheid reg te ruk:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

1 Eet stadig

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die praktyk van hara hachi bu hou die mense van Okinawa in Japan al jare gesond. Hulle hou op eet as hulle 80% versadig is. Die streek het die hoogste aantal mense wat oor honderd jaar oud geword het in die wêreld. Eet stadig en kou jou kos goed want dit help met die verteringsproses.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

2 Deel jou nagereg

As jy nie iets soet na ete kan weerstaan nie, bestel eerder een poeding vir twee (of meer) mense. As jy uiteet, kies eerder ’n meer sosiale tapas-styl maaltyd – dit plaas jou nie onder druk om jou bord leeg te eet nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

3 Loop!

Baie sien op na oefening. Doen eerder gereelde lae-vlak oefeninge wat deel van jou leefwyse vorm. Parkeer ver van die winkels, gebruik trappe en gaan stap elke dag ’n ent. Ons is so gedrewe dat ons nie besef hoe ’n klein verandering aan ons leefstyl ’n goeie impak op ons lewens kan hê nie.

4 Kry genoeg slaap

Studies toon daar is ’n skakel tussen die slaap-gehalte en gewig. ’n Goeie nagrus reguleer die hormone wat ons honger maak. Dit beteken ’n uitgeruste liggaam is makliker om te versadig. Maak seker jy slaap tussen sewe en nege uur per nag.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.