kategorieë: DieetGesondheid

4 wetenskaplike oplossings wat enige dieet beter laat werk

Elkeen van ons kan met volmaakte sukses dieet … totdat iets ons pootjie. Soos ’n eetgier. Of ’n verjaardag. Of ’n besige dag. Of moeilikheid met Skoonma. En net daar sink ons dieet. Dit is net duskant van menslik moontlik om te volhard. Gee jy toe, is dit soos ’n damwal wat breek en al jou selfbeheer en sukses binne sekondes wegsleur en uitwis. Jou Nr. 10-denimdrome verdamp vinniger as mis in die Kalaharison. Tog kry party mense dit reg om deur te druk, al sukkel hulle met presies dieselfde probleme as ons. Is dit dalk omdat hulle bewustelik of toevallig hierdie wetenskaplik-gebaseerde formules toepas?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

1  Jy vergeet jy dieet

Dit is my persoonlike faalplek. Kom ons noem dit dieet-aandagafleibaarheid. Italiaanse navorsers glo baie mense gee ’n taak onbewustelik op wanneer te veel dinge hul aandag in beslag neem. Dus registreer jy nie dat dit ’n hou-by-jou-dieet oomblik is nie – en jy eet sonder ’n oomblik se huiwering of selfs skuldgevoel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Oplossing 

Jy het vlaggies deur die dag nodig om jou aan jou dieet te herinner. Die jongste is slimfoon apps – soos dié wat jou ure se geoefen vaslê soos FitBit, aanlyn kosjoernale en selfs wi-fi skale. Jy kan ook selfdoen-opsies volg, soos ’n alarmliedjie op jou selfoon met woorde wat jou inspireer. Opsies soos dieetslagspreuke op die yskasdeur, in jou koskas, by die ketel, op die spieël en in jou motor lyk dalk outyds maar dit werk steeds. Hang ’n rokkie waarin jy graag wil pas of jou nuwe jeans teen jou kasdeur. Dieetgroepe of ’n weeklikse afspraak met ’n dieetkundige kan ook help, want dit plaas jou dieet amptelik in jou dagboek.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die struikelblok is dat jy na ’n week of ’n maand ‘doof’ raak vir alles. Die geheim? Verander die vlaggies gereeld. Kies ’n nuwe selfoondeuntjie, toets ’n nuwe app. Hang ’n bikini aan jou kasdeur.

2 Jy stres-eet

Jou eksamen, moeilike werksuitdaging, finansies, tieners se riskante gedrag, huwelik of slegte verhouding met iemand wat ’n groot rol in jou lewe speel – situasies wat jou laat voel jy misluk – veroorsaak stres. Hongaarse navorsers het gevind dat die liggaam van mense onder stres tot 51 bykomende metaboliete vervaardig wat afwesig is by mense met min stres. Hiervan word 34 direk aan stres of stresverwante siektes, soos hartkwale, gekoppel. Jy ervaar ook simptome soos moegheid en slaaploosheid wat jy besweer deur meer te eet, veral soetgoed en koolhidrate.

Oplossing    

Jy moet stres wegwerk. Een meta-ondersoek oor psigologiese gesondheid (psychological well-being) wys dat veral twee dinge help: fiksheid en enige vorm van persoonlike ondersteuning, soos van jou man, jou ma, ’n vriendin, ’n sielkundige, ’n ondersteuningsgroepie of ’n mentor.

3 ’n Eetgier knyptang jou onverbiddellik

Jy weet hoe dit voel as ’n eetgier in jou kop vaar. Niks anders behalwe daardie sjokolade in jou laai of die orige poeding in die skottel, maak saak nie. Níks. Al is hierdie honger in jou kop, is dit oorweldigend en oortuigend werklik.

Oplossing 

Die meeste mense smag na soetgoed, koffie of iets sout, maar jy is eintlik op soek na iets anders, soos energie as jy te min geslaap het of koffie vir stimulasie van kafeïen. Jou brein weet hierdie kosse gee dit vir jou. Almal sê jy moet net vasbyt vir 20 minute, want dit is hoe lank ’n eetgier duur. Maar wat doen jy intussen? Blote selfdissipline is maar ’n brose ding. Dissipline alleen gaan jou nie lank of altyd help nie. Dit is doeltreffender om jou brein te leer om sy behoefte op ’n ander manier te bevredig.

Een van die teorieë wat wyd getoets is, is dat ’n kosgier homself voorhou omdat jy dit in jou verbeelding skep. Die oplossing is so eenvoudig as om jou verbeelding te kry om op iets anders te fokus. Enige ander taak wat jou brein ‘kaap’, werk uitstekend. Australiese navorsing wys dat om ’n speletjie soos Tetris te speel, giere vir kos en selfs dwelms met tot 30% verminder. Wat van Sudoku, ’n woordblokraaisel of selfoonspeletjies?

4 Jy is regtig honger

Franse navorsing het bewys dat 54% van mense oor hongerte tydens dieet kla. Hongerte is ons tweede sterkste oorlewingsinstink, net na dors. Daarom gaan jy hom nie wen nie. Bestuur dit liewer.

Oplossing

Jy ís meer honger nadat jy hard geoefen het of as jou dieet te streng is. Oefen dus matig terwyl jy dieet – of ten minste  nie meer as gewoonlik nie. ’n Halfuur per dag is genoeg terwyl jy dieet.

Dieetkundiges beveel aan dat jy ’n bietjie meer vesel en/of proteïen en/of stysel by jou dieet voeg omdat dit jou versadig hou. Die Banters sê die probleem is te min vet in jou dieet. Hulle beveel koeëlkoffie (koffie met bietjie botter), avokado of ’n bietjie kaas aan.

Kyk ook hoe laat hongerte jou tipies oorval, en sorg vir ’n verstandige eetding ’n uur of wat voor die tyd. Baie mense is teen elfuur soggens bitter honger omdat hulle nie ontbyt gehad het nie, of teen vyfuur smiddae omdat hul middagete nie versadigingskrag gehad het nie. Onderskep jou honger deur teetyd iets te eet soos ’n growwe broodjie (lae GI-stysel) met gekapte eier (proteïen) en blaarslaai (vesel), of ’n appel met ’n bietjie kaas.

Lees ook: Laekoolhidraat-quiche

Deel
Gepubliseer deur
Salome Delport
Tags: jou dieet

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.