kategorieë: Leef gesondGesondheid

5 antwoorde wat wys jy het twee keer oor e-sigarette gedink

1 E-sigarette is nog altyd nikotien

E-sigarette is allesbehalwe skadeloos, sê dr. Krisela Steyn, bestuurder van die Eenheid van Chroniese Leefstylsiektes by UCT. Dit verskaf aan gebruikers immers die verslawendste dwelm bekend as nikotien. Nikotien is méér verslawend as heroïen. Boonop neem dit maar min nikotien om jou te vang.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

So wys navorsing dat die helfte van tieners ná ’n skamele 10-19 sigarette die eerste tekens van verslawing toon, aldus dr. Yusuf Saloojee, Direkteur van ons National Council Against Smoking.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Dus, al verskaf e-sigarette 30-60% minder nikotien as sigarette, gaan dit jou vang as jy dit daagliks gebruik. Daarby laat die jongste ontwerpe jou toe om self jou dosis nikotien te bepaal. Jy kan, en sal, te oordeel aan die geskiedenis, dus al meer en meer gebruik.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Ontleding wys ook dat e-sigarette nie net gesonde komponente soos propileenglikol bevat nie. Daar is tog nitrosamiene en formaldehied daarin – al is dit teen laer konsentrasies. Al twee is kankerwekkers.

Dit is ’n halwe waarheid dat propileenglikol en gliserol veilig is. Dit ís, maar in kos. Maar niemand weet wat die langtermyn effek daarvan is as jy dit dag vir dag in jou longe inasem nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

2 Op ’n skaal van 10 punte kry sigarette 10 en e-sigarette ses

Ons hoor dat e-sigarette ‘beter’ is vir ons gesondheid as sigarette. En dan sit ons self twee en twee bymekaar en kom tot die gevolgtrekking dat dit gesond is. Mens trap maklik in dié slaggat maar ‘beter af’ is relatief, sê prof. Steyn.

“Op ’n skaal van 10 punte kry sigarette 10 en e-sigarette 6. Ja, jy is beter af maar nie naastenby so gesond soos iemand wat nié rook nie.”

In lande soos Swede en Indië waar mense nie rook nie maar snuss en bedi’s (pruimtwak) gebruik, is baie meer kankers van die mond, tong, keel, slukderm, maag en pankreas. Dit is ’n oorvereenvoudiging om te sê dat die Sweedse voorkoms van hartsiektes laer is weens e-sigarette. Ander navorsers koppel dit aan hul hoë gebruik van volroom melk. Dit kan net so maklik verband hou met hul genepoel en fiksheid.

Dit is ook bekend dat nikotien kankers help groei, al veroorsaak dit nie kanker nie. Daarby verhoog nikotien jou bloeddruk, bloedsuiker en jou kans op diabetes; dit beskadig jou skildklier en verlaag jou estrogeen en testosteroon.

Vroeggebore babas, klein babas, miskrame en AAHS word gekoppel aan nikotiengebruik terwyl jy swanger is.

Mondhigiëne is ’n probleem, met wit mondsere, tandbederf, tandvleisontsteking en onwelriekende asem onder mense wat snuss en bedi’s gebruik. Niemand het nog e-sigarette lank genoeg gebruik om te weet wat die effek daarvan op die mond en longe gaan wees nie.

3 Vyf uit ses mense rook nie – hoekom jou laat vang?

In 1993 het een uit elke drie mense gerook. In 2015 het net een uit ses mense gerook, volgens HSRC, SA se landwye gesondheidsopname. Vyf uit ses Suid-Afrikaners rook nié.

In die VSA het hartsterftes sedert die vorige eeu begin omkeer. Rookstaak wérk.

Ons het dit reg gekry deur rook in openbare plekke te verbied, sigaretbelasting op te stoot, advertensies te verbied, doodswaarskuwings op verpakking aan te bring en verkope te reguleer.

Die WGO het in 2015 die tiende jaar van tabakbeheer gevier, en wêreldwyd sukses gesien.

Die feit is dat daar ’n afname in rook is – en daarmee saam finansiële skade vir die tabakbedryf. Al die praatjies oor veiligheid en skadebeperking is niks anders nie as die tabakbedryf se nuwe taktiek om hul produk verkoop te kry, sê dr Stanton Glantz, een van die grootste Amerikaanse teenstaanders van die tabakbedryf. Hy het die wêreld se omvattendste versameling van voorheen vertroulike dokumente van die tabakbedryf – 82 miljoen bladsye – byeengebring en openbaar gemaak, onder meer oor tabakbemarkingstrategieë.

“As die tabakmaatskappye werklik ernstig is om die tabakbedryf te staak, sal hulle vorendag kom met teikendatums vir die laaste tabak-oes en die sluiting van die laaste sigaretfabriek.”

In stede daarvan sien ons dat al die groot tabakmaatskappye in biljoene belê in e-sigarette. BAT het in 2013 Vype aangekoop en toe gesê dat hulle reken e-sigarette gaan binne twee dekades 40% van hul inkomste inbring, met ’n omset van 10 biljoen pond per jaar.

4 Is e-sigarette is net ’n rookskerm om rook te normaliseer?

Die kwessie gaan eintlik oor sosiale aanvaarbaarheid, volgens Glantz en talle ander teenstaanders van die tabakbedryf. Wanneer mense in die openbaar e-rook, word dit aanvaarbaar – en kort voor lank koel, want dit is hoe die tabakbedryf seker maak meer en meer mense raak hul permanente klante, sê dr. Glantz.

Die e-sigaretbedryf se koel, slank ontwerp en ‘onskuldige’ geure soos spookasem en kougom maak dit so duidelik soos daglig dat tieners as potensiële nuwe en lewenslange klante geteiken word.

Stanford Universiteit wys in hul navorsing oor die impak van e-sigaretadvertensies uit hoe die tabakindustrie die situasie manipuleer om met advertensies die boodskap oor te dra dat sigarette onskuldige skadelose vermaak met minder, min of geen nikotien is, met byvoorbeeld ’n advertensie vir Eversmoke van ’n ma wat by haar twee kleintjies rook, met die opskrif: “Keep Yourself and Your Family Healthy”.

Blu e-cigs het reeds ’n slim pakkie ontwikkel wat kan ‘praat’ met ander gebruikers binne 50 m daarvan. Dus: vinnige, nommerpas sosiale netwerking vir die nuwe generasie wat ’n eksklusiewe ‘in’ groepie skep. Die boodskap? E-sigarette is veilig, koel en ’n statussimbool waarop jong mense graag sal inkoop – en hul eerste tree na lewenslange gebruik gee. En dit gebeur reeds. ’n 2011 CDC-opname dat e-sigarette onder Amerikaanse tieners in net een jaar verdubbel het: van 4,7% in 2010 na 10% in 2011. In 2014 het die mark met 72% gegroei, volgens Bloomberg. ’n Ondersoek in 2015 onder 40 000 Amerikaanse tieners wys dat hulle reeds e-sigarette as ’n ‘tegnologies gevorderde, gerieflike opsie’ beskou – dus een met ’n koel, aanvaarbare status.

5 Gaan jy ophou? Of juis begin? Dit is immers so koel

Gaan mense ophou rook as hulle oorskakel na e-sigarette? Of gaan ons rook net weer normaliseer?

Prof. Saloojee glo rokers gaan meestal al twee gebruik. “E-sigarette lewer tot 70% minder nikotien. Daarom gebruik die meeste e-rokers gewone sigarette ook.”

Die Britse Action on Smoking and Health skat twee uit elke drie van die 2,1 miljoen Britte wat e-sigarette gebruik, rook ook gewone sigarette. En as jy al twee doen, mis jy vanselfsprekend uit op die potensiële gesondheidsvoordele van e-sigarette.

Alle aanduidings is daar dat min rokers regtig gaan staak óf afskaal óf die voordele van net-nikotien e-sigarette gaan wen.

Rook is vir altyd – net 4-10% kry immers dit reg om te staak. Daarom moet die fokus eerder bly om alles te make met nikotien intensief te beperk.

E-sigarette is maar net die tabakbedryf se taktiek om die volgende generasie nikotienslawe te kweek vir eie gewin.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

7 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

7 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

7 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

7 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.