5 dinge wat jy moet weet oor buitelugmeubels deur Cornel Dunn. Hooffoto: Pexels
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Is julle klimaat warm en droog, of woon jy naby die kus? Reën dit dikwels?
Warm, droë toestande kan sommige soorte hout laat splinter en kraak. Sterk winde kan aluminiummeubels wegwaai en rottang hou nie van vogtigheid nie.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Jy moet hiervan bewus wees sodat jy die regte meubels vir jou tuin kan kies.
Is jou buitekuierplek aan die elemente bootgestel, of is dit onderdak? Staan jou meubels op sagte grond en gras, of op ’n houtoppervlak? Kies die regte materiaal vir jou spesifieke kuierplek.
Vermy dit om sagte hout soos dennehout op gras te sit, want die vogtigheid kan die hout laat verrot. Die klamheid kan ook sommige metale laat roes. Gooi ’n buitelugmat oor die gras om jou meubels te beskerm.
#rrWenk: Skaf ’n goeie sambreel aan as jou kuierplek te veel son kry.
Sommige materiale soos aluminium, kiaat en hars het nie baie onderhoud nodig nie. Staal hou lank en het feitlik geen onderhoud nodig nie.
Hou in gedagte dat jou buitelugmeubels vir ontspanning en gemak gebruik word.
As die stoele wat jy koop sonder gemaklike kussings is, kan jy kussings maak of koop. Maak net seker die materiaal sal nie gou verbleik nie en dat dit skimmelweerstandig is.
Dagbeddens, wiegstoele en leunstoele is ook perfek vir die buitelug. Toets voor jy dit koop.
… En moenie van hangmatte vergeet nie!
Lees nog: Waterwys blomme vir die lente
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm…
Hierdie webwerf gebruik koekies.