Die Slapende Skoonheid se nagroetine: 6 maniere om soggens op jou beste te lyk

Die Slapende Skoonheid se nagroetine: 6 maniere om soggens op jou beste te lyk

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Jou nagroetine kan jou maklik – en vinnig – help om te voorkom dat jy met die verkeerde voet (en haarstyl) uit die bed opstaan.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Karlien Meiring gee ses eenvoudige maniere om pragtig wakker te word.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

1. Moenie op jou maag slaap nie

As jy daarvan hou om só te slaap, het ek vir jou slegte nuus: Dit is dalk tyd om jou slaapposisie te herevalueer. Slaaplyne word veroorsaak deur slaapposisies wat jou gesig aan die een kant vasdruk. Die gemiddelde kop weeg ongeveer 3,6 kg. Stel jou al daardie gewig op jou gesig voor – nie net loop jy die risiko van wakker word met ’n “gekreukelde” gesig nie, maar dit kan ook mettertyd veroorsaak dat plooie vinniger vorm.

2. Slaap op satyn- of sykussings

As jy regtig nie in enige ander posisie as op jou maag kan slaap nie, belê in ’n paar satyn- of sykussingoortreksels. Hierdie supersagte materiale help jou vel en hare om daaroor te “gly” wanneer jy in jou slaap beweeg. Minder wrywing beteken minder kroes hare en minder slaaplyne op jou gesig.

3. Hou jou kop hoog

As jy tydens jou slaap te plat lê, kan vloeistowwe om jou oë opdam en dit soggens opgeswel laat lyk. Hou jou kop gedurende die nag gelig deur op twee kussings te slaap sodat vloeistowwe nie kan opdam nie en jy met helder oë wakker word.

4. Dra jou hare in ’n beskermende styl

Niemand soek plat, lewelose hare in die oggend nie, maar dit beteken nie dat ons wil lyk asof ons in die jare tagtig wakker geword het nie. Vir hare met volume en sonder kroes, maak ‘n hoë bolla bo-op jou kop of vleg dit losweg voor jy gaan slaap. Só sal jou hare nie deur die aand se rondrol beskadig word nie en steeds lyk asof jy dit voor werk uitgeblaas het.

5. Bevogtig voor bed

Die bekende Slapende Skoonheid sou waarskynlik nie dáárdie soen gekry het as sy droë, gebarste lippe gehad het nie. Smeer room op jou gesig, nek en lyf aan voor jy gaan slaap om met ’n bevogtigde en gladde vel wakker te word. Gee veral aandag aan droë plekke soos jou elmboë en knieë.

6. Kry elke aand agt uur se slaap

Die uitdrukking “skoonheidslaap” bestaan vir ’n rede. As jy nie genoeg slaap nie, is daar ’n goeie kans dat jy bleek en uitgeput sal lyk sowel as sakke onder jou oë sal hê. Gaan slaap en staan elke dag op dieselfde tyd op, insluitend naweke, sodat jy die aanbevole kwota van agt uur per nag kan vul. Konsekwentheid kan jou liggaam se natuurlike siklus versterk.

Lees nog: ’n Eerste: Goodleaf stel ’n teen-stres-velsorgreeks bekend

Deel
Gepubliseer deur
Bianca Muller

Onlangse plasings

Leer jou breipatrone beter verstaan

Ons deel breilesse uit ons argiewe.

1 hour Gelede

Gebruik oogomlyner vir langer wimpers

Nie almal is geseënd met lang wimpers óf weet hoe om vals wimpers aan te…

4 hours Gelede

My ma se appeltert

6 hours Gelede

5 lekker hoemoes-resepte

Hou jy van hoemoes? Dan sal 13 Mei vir jou ’n belangrike datum wees. Dié…

1 day Gelede

Is dit hoekom jy maagpyn het?

Waar pyn jou maag? Die presiese plek waar jy die pyn ervaar, kan aandui wat…

4 days Gelede

Hoe om jou dogter groot te maak om sterk en vol selfvertroue te wees

In ons moderne wêreld, waar die uiterlike voorkoms blyk om al hoe belangriker te word,…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.