kategorieë: Dekor

5 maniere om kamers groter te laat lyk

1 Orden die warboel

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Om te orden, is die eenvoudigste en goedkoopste manier om kamers ruim te laat lyk. Vertoon die items waarvoor jy lief is, maar nie almal op een slag nie. Wissel ornamente in seisoene. Dit hou jou vertrekke altyd interessant.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

2 Verlig

Jou mure, vloere en plafonne is die belangrikste aspekte van jou huis want hulle neem die meeste ruimte op. Hou by neutrale, ligte skakerings wat lig weerspieël en uitstraal. Hou donker kleure vir meubels en dekor-voorwerpe en wees selfs dan spaarsamig. Moenie bekommer dat die kleure dof lyk nie. Jy kan atmosfeer skep met kreatiwiteit en pragtige bykomstighede en persoonlike aandenkings.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

3 Meubels

Glas werk goed vir tafels. As jy kan, gebruik meubels wat ook as stoorplekke kan dien. Gebruik ’n kis vir ’n koffietafel of ’n ottoman met ’n deksel om komberse en tydskrifte in te bêre. Vermy lywige meubels en gebruik eerder ruimte-besparende meubels soos leunstoele pleks van banke. Plaas altyd die grootste meubels teen die langste muur en vermy die plasing van meubels in gange.

4 Gebruik spieëls tot jou voordeel

Spieëls reflekteer natuurlike lig terug in ’n kamer en laat dit groter lyk. As ’n kamer vensters het, hang ’n groot spieël teen die teenoorgestelde om die lig te reflekteer (veral as jy gelukkig is om ’n pragtige uitsig te reflekteer). Laat gange langer lyk deur ’n spieël aan die einde van die gang te hang. Hang spieëls in nou gange om dit breër te lat lyk.

5 Skep ’n fokuspunt

’n Fokuspunt in ’n vertrek kan die ruimte in ’n oogwenk verander. Verander die groepering op jou koffietafel of eetkamertafel of omskep jou bed se kopstuk in ’n nuwe fokuspunt.

Lees ook: 10 maklike wenke vir ’n Feng Shui-huis

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

5 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

6 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

6 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

6 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

6 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

6 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.