kategorieë: Ons menseBekendes

5 minute met Die Heuwels Fantasties

rr: As wêreldbekende kunstenaars is daar ’n mate van druk om relatief te bly. Hoe ervaar julle dit?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

DHF:  “Dit is ’n kreatiewe bedryf en ons is ook musiekaanhangers, so ons hoor die heeltyd nuwe musiek. Ons wil dan ook daardie tipe musiek maak. Daar is egter altyd ’n mate van bespreking betrokke en ons glo dat dit nie goed is om ons vorige suksesse te probeer najaag nie. Ons maak wat ons voel. Fred sê altyd dat ons albums soos foto’s is wat ’n sekere tydstip van ons lewens weerspieël en as ander mense saam met ons daarvan hou, dan is dit great.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

rr:  Hoe hanteer julle skrywersblok?

DHF: “In ons groep dra almal tot die skryfproses by, so ons ondersteun mekaar. Dit is dan ’n geval van ‘vele hande maak ligte werk’.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

rr: Julle is een van die musiekgroepe in Suid-Afrika wat die meeste optree en gaan nou selfs oorsee vertonings lewer. Hoe verhoed julle dat dit nie veeleisend raak nie?

DHF: “Ons het ’n goeie span rondom ons. Ons het veral ’n baie goeie toerbestuurder, Frank, wat ons rondry en help met ons musiek, ensovoorts. Op die ou einde van die dag kom dit alles neer op die span.”

rr: Ons het ’n voëltjie hoor fluit dat daar moontlik ’n nuwe album op pad is?

DHF: “Ons het daaroor begin praat en ja, die saadjie is geplant …”

rr: Julle is vir ’n SAMMA-nominasie benoem. Vertel ons meer hiervan.

DHF: “Dis altyd wonderlik om deur jou kollegas in die bedryf benoem te word. Selfs net die nominasie is wonderlik. Ons het in 2010 die Alternatiewe Afrikaanse Album-toekenning gewen. Dit sal great wees om met die algehele Beste Alternative weg te stap.”

*Die SAMMA’s vind vanjaar op 4 Junie plaas en die Heuwels sal weens hul toer dit nie kan bywoon nie.

Deel
Gepubliseer deur
Nicole Kemp

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

20 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.