Foto: heronwhiteonrice
Lauren Ko, ’n amateurbakker van Seattle, bak pasteie vir die pret. Die verskil is dat sy omtrent kunswerke uit die deeg maak. Haar Instagram-rekening, lokokitchen, wys haar ingewikkelde skeppings: voor en na die bakproses. Sy het binne ’n baie kort tydjie gewild geraak so daar is nog min skeppings om na te kyk – maar ons sien uit na elke volgende foto.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Wie is nie beïndruk wanneer ’n flat white ’n hartjie of swaantjie op die melkskuim kry nie? Wel, die Suid-Koreaanse barista, Lee Kang-bin, neem hierdie vaaardigheid tot ’n heel nuwe vlak met sy sogenoemde “creamart.“ Sy skeppings, wat hy gewoonlik in room met voedselkleursel maak, sluit in animasiekarakters tot bekende kunswerke soos die Mona Lisa en Van Gogh se Starry Night. Die beste deel is dat hierdie skeppings werklik te koop (en te drink!) is by sy koffiewinkel in Seoul, C. Through Café.
Die Suid-Afrikaner Ross Symons, skepper van die Instagram-rekening white_onrice, het in 2014 met ’n projek begin waar hy elke dag een origami-patroon gevou het en dit op Instagram gelaai het. Dit het so gewild geraak origami-kuns nou sy voltydse werk werk is en hy span gereeld saam met bekende name vir veldtogte.
Hierdie Instagram-rekening is ’n absolute plesier vir diegene wat daarvan hou as alles netjies is. Die skepper van @thingsorganizedneatly, Austin Radcliffe, laai beide sy eie werk en ander mense se beelde van netjies georganiseerde goed op Instagram. Hierdie rekening en die tumblr-blog het alreeds verskeie pryse gewen en daar is selfs ’n boek gepubliseer met die beste beelde.
Die bakkers by die Suid-Koreaanse Atelier Soo maak die mooiste versiersuikerblomme. Hierdie skeppings lyk so realisties dat dit amper moeilik is om te glo dat dit slegs koekversiering is – en daarby is dit nog eetbaar ook!
“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Hierdie webwerf gebruik koekies.