kategorieë: Dra dit soMode

5 redes hoekom jy hierdie somer in katoen moet belê

5 redes hoekom jy hierdie somer in katoen moet belê deur Bea Lingenfelder en Susra Matthee. Hooffoto: Cotton Company

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

’n Volhoubare en ekovriendelike leefstyl word deesdae in dekor, kos, skoonheid en mode aangemoedig.  Natuurlike materiale soos katoen het daarom baie gewild geword, en ons kan sien hoekom!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Hier is ons topvyfwenke vir ’n katoendoek. Daar is verskeie kleure en soorte wat aan jou spesifieke behoefte sal voldoen.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

1. Katoensjaal

Katoenvesels kan dik of dun geweef word. ‘n Sjaal is ’n moeitelose manier om ‘n onverwagse koel briesie af te weer sonder om ’n dik baadjie aan te trek.

#rrWenk: Gooi dit los oor jou skouers, of drapeer dit in unieke style.

Lees ook: 5 vinnige modetruuks wat jou uitrusting afrond

Katoen multifunksionele-sjaal (R300) Kikoy

2. Sarong

In die snikheet somer wil niemand met bedompige, ongemaklike klere sukkel nie. Katoenhanddoeke kan ook as ’n sarong dien. Die ligte katoen knoop maklik en hoewel jy dit nie noodwendig na ‘n restaurant sal dra nie, kan jy met selfvertroue deur strandstalletjies stap.

Lee ook: Hoe om die kleredragreëls op uitnodigings te verstaan

Jardin-doek (R540) Summah

Katoensarong (R300) Kikoy 5 redes hoekom jy hierdie somer in katoen moet belê

3. Handdoek

Handdoeke neem baie plek in ’n strandsak op sodat jy óf met ‘n volgepropte sak onder jou arm loop, óf die handdoeke in jou hand dra. Die oplossing is katoenhanddoeke wat klein opgevou of opgerol kan word. Die katoenmateriaal absorbeer water vinnig ná jou swem en word net so vinnig droog. Perfek vir die somer.

Lees ook: Vlei jou bates só in ’n swembroek

Stone handdoek (R540) Summah

Itawuli handdoek (R270-R705) Mungo

Elim-handdoek (van R469) Cotton Company 5 redes hoekom jy hierdie somer in katoen moet belê

4. Op jou bank

Die Marokkaanse styl wat in 2019 koning gekraai het, het katoenlappe se gewildheid laat styg.  Die materiaal is hipoallergenies en hoef ook nie gereeld gewas te word nie.

Lees ook: Detoks jou klerekas in ’n japtrap

Desert-doek (R900) Summah

Geometriese patroondoek (vanaf R469) Cotton Company

5. Tafeldoek

’n Vinnige manier om ’n piekniektafel te versier. Die meeste van die lappe is groot genoeg om oor ’n standaard tafel te pas. Die tafeldoeke is beskikbaar in verskeie kleure sodat jy kan kies wat by jou styl pas.

Lees ook: Hierdie 8 modefoute kan jou slordig laat lyk

Tafeldoek (R1 085) Mungo

Tawulo-doek (van R270) Mungo

Kry dit hier

The Cotton Company

Kikoy

Mungo

Summah

Deel
Gepubliseer deur
Bea Lingenfelder

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.