kategorieë: Dra dit soMode

5 redes hoekom ons van pofbaadjies hou

Gee die eenvoudige t-hemp en jeans nuwe lewe

Almal van ons het daardie gunsteling t-hemp-en-jean-uitrusting waarop ons staatmaak. Ruil die klassieke denim- of leerbaadjie vir ’n helder pofbaadjie. Die baadjie gee net daardie tikkie andersheid wat jou uitrusting nuwe lewe sal gee.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Daar is ’n styl, kleur en materiaal vir elke vrou

Verkies jy satyn, pienk en bonkig of eerder wol, swart met ’n effense langer snit? Hoe jy ook al die dag voel, daar is ’n styl vir elke voorkeur.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Dit kan selfs saam met oefenklere gedra word

Van die gim tot die winkels. Die athleisure-styl is nou hoogmode en wat is meer gepas as om die sportiewe voorkoms verder met ’n pofbaadjie te beklemtoon?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Jy kan dit opkikker met borduur- of appliekwerk

Speel veilig met eenvoud, of dra dit soos op die loopplanke met verskeie motiewe en patrone van borduur- of apliekwerk. Skerp jou naaldwerkvernuf op en werk self ’n paar pronkpleisters aan die moue en rug om dit daardie stadstyl te gee.

Die pofsnit steek ongewenste kurwes weg sonder om jou uitrusting lomp te laat voorkom

Bonkig beteken nie noodwendig lomp nie. Sommige van ons is nie altyd gemaklik met styfpassende style nie, en dis waar die pofbaadjie tot jou redding kom. Die oorgrootte snit skep ’n gemaklike voorkoms wat jou informeel, tog sjiek sal laat lyk.

Deel
Gepubliseer deur
Bea Lingenfelder

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

13 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.