kategorieë: Bekendes

Liezel van der Westhuizen vroegoggend op 94.5KFM

Vanaf 1 Julie 2017 kan Kapenaars wat vroeg reeds uit die vere is, uitsien na ’n bekende stem op 94.5KFM, wanneer Liezel van der Westhuizen die 05:00 tot 06:00-tydsgleuf oorneem.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Met haar skuif van Sondagaande tussen 19:00 en 22:00 na weeksoggende word Liezel slegs een van drie vroulike persoonlikhede wat hierdie gesogte tydsgleuf op kommersiële musiekradio in Suid-Afrika vul.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Liezel, wat lief is vir uitdagings, het ’n hele paar ‘eerstes’ agter haar naam

  • In 2011 was sy die heel eerste persoon in die wêreld wat ’n sosiale media-aangedrewe fiets gery het en dit boonop tydens die Kaapstad-fietstoer. Deur die rit te voltooi het sy gehelp om fietse aan ’n liefdadigheid in Khayelitsha te skenk.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
  • In 2012 het sy die eerste vrou ter wêreld geword wat ’n Ysterman-driekamp aanbied. Met meer as 50 Ysterman-kompetisies wat wêreldwyd plaasvind en almal deur mans aangebied word, was dit ’n groot oomblik.

  • In dieselfde jaar het sy ook as aankondiger by die begin- en eindpunt van die Comrades Marathon opgetree, die heel eerste vrou in die wedloop se 91-jaar geskiedenis wat hierdie rol vertolk het.

  • Sy was ook die heel eerste Suid-Afrikaanse vrou wat tydens Mercedes Benz Menswear Fashion Week op die looplank gepryk het.

  • In 2013 & 2014 het sy die eerste plek in die Breede Somer Kano-reeks – Gemengde Dubbels behaal.

Foto: Hanri Human

Met haar passie vir sport en fiksheid, kan luisteraars van Liezel se nuwe program energieke besprekings op ’n daaglikse basis verwag, sowel as musiek, verkeer en vele geleenthede om deel te neem aan pret-uitdagings en selfs nou en dan saam met haar te oefen. Hierdie oefensessies sal op beginners gemik wees en ’n verskeidenheid sportsoorte insluit – van draf en fietsry tot kanoevaart en bergfietsry.

Liezel het self ’n hele paar indrukwekkende sport-prestasies op haar kapstok – onder andere het sy al die IRONMAN-driekamp (3.8k m swem, 180 km fietsry and 42.2 km hardloop), die IRONMAN 70.3 (met ’n gebreekte pols, daarby) en al twee keur die Dusi Kano-Marathon voltooi. Sy is ook ’n gesertifiseerde diepsee duiker en hou daarvan om haar liefde vir die oseaan met onderwater ontdekkingsreise uit te leef. Van haar gunsteling-duik-bestemmings sluit in Madagaskar, die Maldives en Bali.

Behalwe vir spiere inspan en uithouvermoë toets, het Liezel ook ’n sagte plek vir diere – veral die wat mishandel word of sonder huise gelaat is – en sien sy uit om van hul stories met mense te deel. Sy hoop dat hierdie gesprekke ’n rol sal speel in die aanmoediging van ’n aannemingskultuur onder Kaapenaars. Sy het self al twee worshondjies aangeneem – Leia wat sy by die DBV gevind het en Luke wat sy verlede week van die Cape Dachshund Rescue aangeneem het.

Volg Liezel se avonture aanlyn: Giraffe in the City-videoblog | Facebook | Twitter | Instagram

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.